JOU DAG

Die omstandighede is goed vir kreatiewe projekte en jou verbeelding is vandag lewend en sonder perke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Ernstige Saturnus sal jou in 2016 help om minder impulsief en meer bedagsaam en deeglik te wees. Geniet die pasverandering.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die ligging van die planete maak jou selfs meer entoesiasties en rusteloos as gewoonlik. Jy het sekerlik die passie om projekte aan die gang te kry. Al wat jy nou nodig het, is die deursettingsvermoë om dit te voltooi!

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy probleemoplossingsvaardighede en die vermoë om kreatief te dink kombineer, sal jy ’n wenkombinasie hê. Gesamentlike geldsake is meer ingewikkeld as wat dit lyk.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Liefde en plig hou vandag verband en jy benader verhoudingsprobleme volwasse. Enkellopendes kan die onverwagte verwag wanneer romanse blom.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer kreatief jy kommunikeer en hoe meer jy met familie en vriende netwerk, hoe beter sal die dag wees. Moenie toelaat dat onlogiese obsessies jou oordeel verswak nie.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit voel of ’n ou vriendskap agteruitgaan, maar dis net in ’n ander fase. Moenie bekommerd wees nie. As jy aanpasbaar en geduldig is, sal die verhouding gou weer vlot.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Die omstandighede is vandag gunstig vir kwessies wat met eiendom, sake of geld te doen het. Venus sorg vir geluk, Mars maak jou dapperder as gewoonlik en Saturnus sorg dat sake op ’n veilige en verstandige manier vorder.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

’n Verhouding met ’n geliefde beweeg in ’n onverwagte rigting. ’n Situasie by tuis word baie gespanne en jy sal jou diplomatieke vaardighede moet inspan om die gemoedere te kalmeer.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Maak gereed vir ’n verrassende dag met Uranus wat jou gewone roetine deurmekaarkrap. Mars en Saturnus help motiveer jou om jou moue op te rol en ’n projek wat stilstaan weer aan die gang te kry.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Daar is tans ’n fyn lyn tussen spontaniteit en sukses, en tussen haastig en onverskillig wees. Enkellopende Boogskutters kan liefde vind by iemand wat nie gewoonlik hul tipe is nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Vandag se sterre ontwrig jou gemaksone. Dis ’n goeie ding, want dit dwing jou om ’n situasie vanuit ’n heel ander perspektief te beskou. Dan kan jy iets daaraan doen.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is roekeloos en ontstel ander. Maak net seker jy verbrand nie te veel brûe langs pad nie. Enkellopendes is gereed om vinnig verlief te raak.

VIS 20 Feb.-20 Mrt

Hoe meer gemotiveer en georganiseer jy by die werk is, hoe meer produktief sal jou dag wees. Vermy onvoorspelbare geldskuiwe wat later kan boemerang.