JOU DAG

Maak seker jy stimuleer vandag jou brein op ongewone nuwe maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het baie kreatiewe talente, maar gebruik jy hulle? Moenie bang wees om foute te maak nie, aangesien hulle jou na opwindende nuwe terreine kan lei.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy in ’n verhouding is, is dit tyd om hard te werk om dit in ’n eersteklas toestand te hou. Enkellopende Ramme, jy mag dalk langtermyn-liefde op ’n aanlyn-webtuiste of deur sosialemedia-kontakte ontdek.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Pasop vir die drang om te verkwis! Venus beweeg nou deur jou geldsone – tot 17 Junie – wat dalk ’n welkome hupstoot in jou kontantvloei kan beteken. Maar dit verhoog ook jou kooplustige neigings.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Met Venus wat nou jou teken besoek – tot 17 Junie – is dit tyd om die wêreld aan die brand te flirteer en ook ’n paar ou gunsies op te eis. As jy op al jou silinders vuur, is dit moeilik vir ander mense om jou Tweeling-charisma te weerstaan!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy gaan dit vandag geniet om gehaltetyd op jou eie deur te bring terwyl jy jou verlustig in heerlike dagdrome en inskakel op jou intuïsie. Sommige enkellopende Krewe sal betrokke raak by ’n geheime liefdesverhouding.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Kapitaliseer jy op jou kreatiwiteit? Die sterre moedig jou aan om aan te sluit by ’n groep wat sal help om jou spesifieke kreatiewe talent te ontwikkel – of dit nou kuns, skryf, dans, fotografie of musiek is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met Venus in jou beroepsone – tot 17 Junie – sal jy jou verhoudings by die werk verbeter as jy sosialiseer met kollegas. As jy werk soek, versprei die woord onder jou vriende.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Opvoeding, navorsing, reis, publikasies en groepsprojekte word almal bevoordeel, maar onthou dat Mars en Saturnus nog steeds agteruit beweeg, so jy sal moet super geduldig en volhardend wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus, die vredemaker, moedig jou aan om ’n wankelrige verhouding te herstel ... en ook kreatiewe idees te omskep in werklikheid. Moenie die kans verspeel om ’n paar positiewe veranderinge aan te bring nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is in ’n luim vir mode, flirteer, romantiese kersligetes en kreatiewe verhoudings. As jy egter aanhou om jou verantwoordelikhede rakende jou verhouding af te skeep, gaan jy beslis probleme ervaar.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy sal baie satisfaksie kry deur gefokus te bly terwyl jy hou by ’n gedissiplineerde daaglikse roetine. As jy noukeurige beplanning met produktiewe werk kombineer, sal dit lei tot langtermyn resultate.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Met Venus wat jou vermaaksone besoek, is die tyd van nou tot 17 Junie perfek om boekvoorlesings, musiekkonserte, teateropvoerings of kunsuitstallings by te woon – en ook om partytjie te hou soos ’n pro!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus gee aan ’n familieverhouding ’n welkome hupstoot terwyl jy ontdek dat julle meer in gemeen het as wat jy voorheen gedink het. Enkellopende Vis – jy gaan dalk liefde vind deur middel van ’n bekendstelling deur ’n familielid.