JOU DAG

Die sterre bevoordeel proaktiwiteit en produktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is aktief en gedrewe; dus kan dit vir jou moeilik wees om tot rus te kom en te ontspan. Vanjaar is die jaar waarin jy dit moet geniet om meer tyd tuis deur te bring.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die drang om ’n bot en baasspelerige Ram te wees namate die dag vorder. Saturnus moedig jou aan om baie meer geduld aan die dag te lê, veral betreffende internasionale bande en sake van opvoeding.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Sommige mense se gebrek aan betrokkenheid en motivering frustreer jou, maar vandag is nie die dag om knoppies te probeer druk nie, Bulle. Bly optimisties en smee bande met kollegas wat op oplossings konsentreer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy is gretig om tot aksie oor te gaan by die werk, maar met Mars in jou loopbaansone moet jy nie inspring en te impulsief wees nie. Neem die tyd om betroubare advies in te win by ’n vriend of familielid wat jy kan vertrou.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Koester geliefdes vandag, maar moet hulle nie versmoor nie. Gee ander mense genoeg ruimte om hulle uit te druk. ’n Familielid sien op na jou vir vars idees en kreatiewe inspirasie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moenie ’n impulsiewe Leeu wees rakende ’n ingewikkelde saak met ’n kind, tiener, ouer of intieme vriend/in nie. Die bestendige Saturnus moedig jou aan om op die uitkyk te bly en te wag voor jy eindelik spring.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus, Mars en Neptunus besoek almal jou vennootskapsone, Maagd. Wat intieme verhoudings betref is dit dus tyd om meer samewerkend, proaktief en meelewend as gewoonlik te wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is vandag gretig om hard te werk, veral aan ’n projek wat jou brein stimuleer en jou emosies stu. Jy is ook in die luim om oor jou gevoelens te praat, maar probeer dit op ’n taktvolle manier doen.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Dis nie ’n goeie tyd om haastig te raak met geldsake of iets op ’n emosionele ingewing te koop nie. Saturnus moedig jou aan om geduldig te wees en al die opsies te ondersoek voor jy ’n belangrike geldskuif maak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou huishoudelike situasie is onbestendig. Hoe meer aanpasbaar jy is, hoe beter sal die eindresultaat wees. Visualiseer idees in jou gedagtes voor jy in die wye wêreld met hulle op loop sit.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jupiter reis deur jou loopbaansone, dus moet jy jou gereedmaak om sake te behartig. Tussen nou en 10 Oktober is dit die perfekte tyd om met ekstra energie en hope entoesiasme deur projekte te stoom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Is jy gretig om jou bankbalans ’n hupstootjie te gee? Venus, Mars en Neptunus besoek almal jou geldsone; dus kan ’n kreatiewe en proaktiewe benadering daartoe lei dat ekstra geld in jou koffers invloei.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie vandag ’n spartelende of talmende Vis wees nie! Die planetêre patrone moedig jou aan om te besluit wat jy wil hê. Volg dit dan met hope passie en volharding na.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017