JOU DAG

Verhoudings gaan onvoorspelbaar raak, maar heelwat geduld sal jou deurhelp.

AS JY VANDAG VERJAAR

2017 is die jaar om jou sterk punte te vier en die balans tussen jou privaat en beroepslewe reg te kry. Werk ook daaraan om ’n finansiële neseier vir die toekoms te verseker.

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

As jy die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom, gaan jy net ander mense ontstel en ten einde laaste met twis sit. Gebruik jou voorgevoel om jou te lei terwyl jy dieper kyk om te sien wat werklik aangaan.

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Jy sal vandag teen ’n bestendige en beheerde pas deur projekte kan beur. Sake by ’n onderneming en professionele aktiwiteite word bevoordeel, maar maak seker jy pas by veranderende omstandighede aan.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Saturnus laat vandag jou emosies bedaar, Tweeling. Dit help om ’n persoonlike verhouding te stabiliseer. Moenie bekommerd raak as jy weer dieselfde weë bewandel nie. Dit is presies wat nou nodig is.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Weerstaan vandag die neiging om baasspelerig te raak as jy met ander mense te doen kry – veral tuis en by die werk. Strewe daarna om jou behoefte openlik en direk te stel, sonder om buierig of manipulerend te raak.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Gebruik vandag die planetêre patrone om kreatief te dink en met meegevoel op te tree. Netwerkvorming en vriendskappe word vandag bevoordeel terwyl jy jou groeiende internasionale kontaklys uitbrei.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Hou vandag jou emosies bestendig, Maagd, en vermy dit om berge van molshope te maak. Moenie jouself verbind tot enige groot veranderings nie, aangesien jy môre waarskynlik heelwat anders gaan voel.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Vandag se sterpatrone verhoog jou neiging om afhanklik van ander mense se menings te wees. As jy nie binnekort self ’n belangrike besluit neem nie, gaan iemand anders net intree en dit vir jou doen!

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Ander mense is in die bui om dinge reguit te sê. Moet dus nie aanstoot neem as jy vandag ’n paar onaangename waarhede hoor nie. Vermy die koop van goedere op krediet terwyl Saturnus nog agteruit deur jou geldsone beweeg. Hou by kontant.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Dit kan lyk asof Saturnus jou terughou, wat baie frustrerend kan wees. Maar eintlik is die taakgewerplaneet besig om jou te leer om meer geduldig en produktief te wees, wat in jou toekoms nuttig te pas gaan kom.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan.

Vandag se uitstekende verbinding van die maan met Saturnus is puik om die balans reg te kry tussen proaktief en geduldig wees. As jy dié verhouding mooi kan regkry, gaan jy regtig uitblink!

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Kommunikasie met ander mense sal vandag bevredigend wees, mits jy saamwerk. Vermy net die neem van ’n impulsiewe finansiële besluit, aangesien jy nie die huidige prentjie duidelik sien nie.

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Daar is geen ruimte vir Vis-nabetragting nie. Hoe meer georganiseerd en proaktief jy is, hoe beter gaan die dag raak. Visse in geldnood – jy sal skeppende maniere moet kry om jou kontantvloei aan te help.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017