JOU DAG

Streef daarna om tussen feit en fantasie te onderskei.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n fantastiese probleemoplosser. Julie en Augustus is die geskikste maande om by ’n maatsoekwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, ’n huweliksaanbod te maak, te trou of jou troubeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Matigheid en kompromie is nodig. Baasspelerigheid sal slegs tot daardie titseltjie te veel wrywing lei. As jy geduldig na ander mense se sienswyses luister, sal die dag aangenaam verloop.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius en Venus besoek jou loopbaansone, dus is dit tyd om beredeneerd met kollegas by die werk te kommunikeer terwyl jy kreatiewe nuwe maniere vind om jou professionele boodskap hard en duidelik oor te dra.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Vandag se sterre moedig jou aan om gehaltetyd saam met familie en vriende deur te bring. Dit is maklik om op ’n verskeidenheid maniere in verbinding te bly. Wees egter versigtig dat jy nie dit wat ’n geliefde jou vertel, verkeerd verstaan nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe beter georganiseerd jy is, hoe gladder sal die dag verloop. Jy is gretig om deur middel van die sosiale media te kommunikeer terwyl jy e-posse stuur, boodskappe plaas, selfoonboodkappe stuur of twiet. Maar stuur jy nie ’n dalk ’n dubbelsinnige boodskap uit nie?

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Weerstaan die versoeking om jou begroting te blaas deur jou te vergryp aan inkopies. Jupiter blaas jou spandabele streep op, terwyl Neptunus jou begrip van jou huidige finansiële situasie verwar.

MAAGD, Aug 24-Sep 23

Die maan is in jou teken en dit sal jou help om in ’n praktiese en produktiewe modus te skuif. Maar as jy nie mooi oplet nie, kan jy moontlik ’n geliefde se motiewe verkeerd verstaan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy dinge op sigwaarde aanvaar, kan jy dalk later uitvind jy het die bal heeltemal misgeslaan. As jy egter meer uitgeslape is en die nodige navorsing doen, sal dit jou op die lange duur tonne tyd bespaar.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat ’n kind, tiener of intieme vriend/in betref, is alles nie soos wat dit lyk nie, dus moet jy dit in ag neem by jou benadering. Alleenlopende Skerpioene, soek liefde by iemand wat sjarmant en gemotiveerd is.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Kommunikasie en oorlegpleging is die vonkwoorde. Hoe meer jy idees met ander bespreek, hoe meer sal dit jou wêreld verbreed. Vind kreatiewe maniere om ’n bydrae te lewer tot jou plaaslike gemeenskap.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is in die luim om take met presisie plus hope oorweging en voorbereiding af te handel. ’n Buurman of gesinslid kan egter ’n verwarrende skuif maak wat jou van stryk af bring.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius en Venus beweeg deur jou teken, dus is dit die aangewese tyd om skerp en stylvol te wees terwyl jy jou breinkrag en ingebore sjarme gebruik. Met albei hierdie bates aan die werk, staan die wêreld vir jou oop.

VISSE, 20 Feb.-20-Mrt.

Weerstaan die drang om die wêreld vandag deur ’n rooskleurige bril te bekyk, Visse. As iets te goed lyk om waar te wees, is dit heel moontlik die geval. Skenk noukeurig aandag aan jou drome. Probeer hulle vir jou iets sê?