Hier is wat jou sterre vandag voorspel. Met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre bevoordeel praktiese ondernemings, soos kook, tuinmaak en selfdoenprojekte.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is intens en gedrewe en het talle talente. Die planete moedig jou aan om in die komende maand meer tyd in te ruim om vreemde kulture en internasionale kontakte te ondersoek.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ses planete reis vandag deur grondtekens, dus is dit tyd om jou vurige energie grond toe te bring, jou gedagtes te fokus end dinge gedoen te kry. As jy jou op iets toelê, Ram, is jy onkeerbaar.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Geniet vandag die luukshede wat die aarde bied, Bul, soos goeie kos en wyn, vars blomme, persoonlike vertroeteling, inspirerende musiek end vrolike geselskap. Sluit ook ’n spesiale geliefde by jou planne in.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Maak iemand se gebrek aan inisiatief en geesdrif jou ongeduldig? Tweelinge behoort nie vandag knoppies te druk nie. Wees liewer prakties en omring jou met mense wat op positiewe oplossings fokus.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vier planete beweeg deur jou kommunikasiesone, dus is dit tyd om te meng en by mense aan te sluit, te gesels en te sirkuleer, sosialiseer en adverteer. Dit is ook ’n goeie idee om jou sosialemediaprofiel by te werk.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is gretig om te put uit die genotsugtige Leeu in jou binneste terwyl jy koop asof dit uit die mode gaan raak, by ’n fantastiese restaurant eet of ’n vertroetelende masseersessie geniet. Maar probeer dit doen sonder om die week se begroting te oorskry.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die son, Mercurius, Venus en Jupiter beweeg almal deur jou teken. Duidelike, versigtige, logiese kommunikasie sal dus help om verhoudings met ander te verbeter en dit sal jou boodskap hard en duidelik oordra.

WEEGSKAAL 24 Sept-24 Okt.

Die sterre belig jou perfeksionistiese sy. Jou mantra kom dus van Helen Keller, die opvoeder: “Om gelukkig te wees beteken nie alles is volmaak nie. Dit beteken jy het besluit om verby die onvolmaakthede te kyk.”

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Doen jou bes om ’n spesiale geliefde vandag op praktiese maniere te koester. Jy kan miskien help met inkopies, kos kook, werkies in die huis of huiswerk of hom/haar bederf met ’n ontspannende nekmassering.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die hemele fokus vandag sterk op werk- of skoolaangeleenthede. Dit is ook hoog tyd vir ’n bietjie ernstige pret terwyl jy met kollegas of medestudente stories uitruil en ondervindings deel.

STEENBOK 22 Des,-20 Jan.

Hoe meer proaktief jy tuis en by die werk is, hoe beter gaan jy voel. ’n Positiewe ingesteldheid vee die spinnerakke weg terwyl jy langtermynoplossings soek vir korttermynprobleme.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Baie Waterdraers gaan vandag werk en ontspanning op genotvolle maniere kombineer. Moet egter nie oor die verkoop van eiendom of ’n gesamentlike finansiële transaksie praat voor dit nie finaal geteken, verseël en gelewer is nie.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

’n Vriend/in of familielid kan vandag emosionele troos en praktiese steun by jou soek, Visse. Jy is in die luim om te luister terwyl jy verstandige, sensitiewe advies aanbied.