.

JOU DAG

Jy kan vandag diep emosionele konneksies verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het van nature goeie speurvermoë en ontbloot verborge inligting wat ander miskyk. Die volgende 12 maande is dit tyd om meer avontuurlik ten opsigte van die liefde te wees.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

’n Geliefde of kollega kan jou werkverrigting of gewoontes kritiseer, maar probeer om nie aanstoot te neem nie. Jou leuse vir die dag? Behou jou ewewig. Bly kalm en gaan voort!

BUL 21 Apr.-21 Mei

Wees emosioneel eerlik met jouself. Dit sal jou nie in jou huidige situasie help om skuldig te voel oor iets wat jy in die verlede gedoen het nie. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie! Leer uit jou foute en beweeg aan.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Daar word op die geselserige Tweeling staatgemaak om sake op te vrolik, want baie mense sal gespanne en onvoorspelbaar wees. Moenie ander se gevoelens seermaak nie. Staan tyd af om regtig na ander te luister.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Naby verhoudings sal nie vandag vlot nie, want Pluto maak intense emosies en ontevredenheid in jou wakker. Die maan moedig jou aan om af te koel en kompromieë aan te gaan.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Verwag vandag intense botsings met ander. Wees geduldig en moenie oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie. As jy ongegronde skinderpraatjies versprei, kan jy uitgesluit word.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Daar kan komplikasies wees weens ’n kind, tiener of vriend se onvoorspelbare gedrag wanneer hulle iets wat jy sê verkeerd verstaan. Probeer om buitengewoon diplomaties te wees. Kies jou woorde wys.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Moenie vandag te veel op ander se hulp staatmaak nie – hulle kan jou in die steek laat. Jy moet leer om meer selfstandig te wees. Dis die ideale tyd om jou kantoor of huis aan die kant te maak.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Weerstaan die drang om jouself te ernstig op te neem. Ander kan dalk jou idees afskiet, maar probeer om dit nie persoonlik op te neem nie. Hulle het hul eie probleme wat hulle moet hanteer. Hou op om daaroor te broei en kyk vorentoe.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jupiter spring deur jou loopbaansone en jy ondersoek professionele moontlikhede en slaan ’n opwindende nuwe rigting in. Geluk is aan jou kant. Benut dit!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is jy baie gefokus op ’n persoonlike projek of net eenvoudig obsessief? Werk hard aan jou huidige belangstelling, maar moenie jou geliefdes in die proses afskeep nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is rusteloos en onvoorspelbaar en vandag is dit ’n goeie én slegte ding. Verveeldheid is onaanvaarbaar. Hou jou besig met opwindende aktiwiteite wat jou uit die moeilikheid hou.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is in die bui om te praat en jou gevoelens te deel, maar is daar enigiemand wat luister? Die mense om jou is nie so gretig om te kommunikeer nie. Fokus dus op individuele projekte wat jou nuuskierigheid prikkel.