JOU DAG

Vermy vandag die neiging om belangrike sake mis te kyk.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n energieke en liefdevolle geaardheid. Jy moet in 2017 persoonlik meer gedissiplineerd en professioneel meer ambisieus word.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Probeer jy om ’n projek aan die gang te kry? Jy beter jouself regruk. Mercurius en Jupiter gee albei jou selfvertroue ’n hupstoot, dus is dit tyd om op jou tande te byt en dinge te laat gebeur.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is vandag in die bui om te speel en pret te hê, dus moet jy poog om jou gewone roetine op te kikker en om meer spontaan te wees. Jy sal dan besig en aktief wees, en jy gaan beslis nie tyd hê om verveeld te wees nie!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Alle soorte verhoudings word vandag bevoordeel, want Mercurius en Jupiter moedig lewendige gesprekke en robuuste debatvoering aan. Jy sal vind dat, hoe meer jy kommunikeer, hoe meer sal jy te sê hê.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Alles gaan oor vriendskappe en sosiale netwerkvorming, terwyl jy met plaaslike pelle verbroeder en opvang met internasionale konneksies. Pas egter op dat jy nie – onbewustelik – ’n spesiale geheim uitblaker nie.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Daar kan vandag ’n bietjie draakstekery met ’n kind, tiener of vriend/in voorkom. Verbintenisse in die plaaslike gemeenskap word bevoordeel – solank jy bereid is om ’n wye reeks van verskillende opinies te aanvaar.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan vandag baie bereik, maar moenie verwag dit gaan op ’n georganiseerde, logiese wyse gedoen word nie. Daar sal op die laaste oomblik veranderings gemaak word, vergesel deur spontane verrassings en opwindende flitse van inspirasie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is in ’n praterige bui aangesien Mercurius en Jupiter jou kommunikasiegeen aanvuur. Jy is gretig om die jongste nuus in die buurt te hoor, maar sorg net dat jy nie meegevoer raak en sappige skindernuus versprei nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag word minder hardkoppigheid en baie meer spontaniteit bevoordeel, Skerpioen. Jy sal uitvind dat ’n gram aksie jou aansienlik verder gaan bring as om oor ’n kilogram te wonder. Veral wat geldsake betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Dis jou soort dag, Boogskutter – bedrywig en uitbundig, met hope verskeidenheid. Jou vaardighede ten opsigte van vrygewigheid en om baie dinge tegelykertyd te doen, word aangevuur. Maak egter seker dat jy nie net grootpraat en niks doen nie!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer spontaan en reguit jy is – tuis, sowel as by die werk – hoe beter sal die dag verloop. Maak ook seker jy spandeer ’n bietjie gehaltetyd saam met ’n baie spesiale persoon – jouself!

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy moet buitelandse invloede inneem deur middel van vriende en die internet. Jou gedagtes draai ook om jou verwagtinge van die toekoms. En sorg dat jy planne maak om meer pret en vermaak in jou wêreld in te bring.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie uitstel nie, Visse! Die Son skuif in jou loopbaansone daarom is dit tyd om ’n leierskapsrol by die werk in te neem terwyl jy op toenemend meer kreatiewe en proaktiewe maniere kommunikeer en skyn.

© Joanne Madeline Moore