JOU DAG

Streef daarna om op ’n georganiseerde manier kreatief, sowel as proaktief, te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is geesdriftig en dinamies en floreer op ’n uitdaging, maar streef daarna om meer diplomaties te wees. Onthou: Julie is ’n goeie maand vir passie en romanse, dus moet jy dienooreenkomstig beplan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg vandag in jou teken in en bly daar tot 5 April. Jy is in die luim om sosiaal te verkeer en wonderlike nuwe kontakte op te bou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jou mantra vir vandag is: Ek wil alleen wees. Jy onttrek jou aan alles rondom jou en kyk na binne vir leiding en inspirasie. Gee ook aandag aan die simboliek van jou drome.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Terwyl Mercurius, die planeet wat jou beheer, in jou netwerksone beweeg, is dit die ideale tyd om aan groepaktiwiteite deel te neem en om jou idees aan die wêreld oor te dra. Jy kan dit persoonlik of deur middel van sosiale media doen.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die kollig val vandag op vrywillige werk, dus moet jy seker maak jy lewer ’n goeie vertoning. ’n Verhouding met ’n geliefde sal vinnig ontspoor as jy te hardkoppig is of te veel van ’n gewoontemens is.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

As jy vandag met ander mense kommunikeer, moet jy die ware betekenis soek agter dit wat hulle sê. Baie Leeus sal die volgende paar weke reis, plaaslik of oorsee.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die volgende twee weke sal gunstig wees vir alle soorte studie en navorsing. Jy sal in staat wees om teen ’n vinniger pas as gewoonlik te werk, dus moet jy nie die geleentheid laat verbygaan om jou moue op te rol, in te spring en werk te voltooi nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Die geheim tot suksesvolle verhoudings oor die volgende twee weke is kommunikasie, terwyl jy mooi luister en op ’n gepaste wyse reageer. As ander mense jou om jou mening vra, is ’n reguit antwoord die beste beleid.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Net omdat dinge nie vinnig genoeg na jou sin gebeur nie, beteken dit nie jy vorder nie. Stadig en deeglik is tans die belangrikste woorde in jou woordeskat, veral wat geldsake betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Verveeldheid is veral vir ’n Boogskutter sleg. Vandag se sterre moedig jou aan om ’n belangrike gesprek met ’n kind of tiener te voer, met ’n vriend te gesels of met ’n kreatiewe nuwe stokperdjie te begin.

STEENBOK, 22 Des-20 Jan.

Talle Steenbokke gebruik energie vir die najaag van persoonlike sukses, maar moenie dit ten koste van verhoudings, gesinspret en huislike harmonie doen nie. Daar is plek vir alles.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die huidige sterre is uitstekend vir alle vorms van reis, opvoeding, openbare redevoering, sosiale media en gemeenskapsbande. Let dus ’n bietjie fyner op na dit wat in jou onmiddellike omgewing gebeur.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius beweeg tot 5 April deur jou geldsone, dus is dit die regte tyd om ’n lang gesprek met jou rekenmeester of finansiële beplanner te voer. Jy het nie een nie? Dan is dit hoog tyd om een aan te stel.