JOU DAG

Dis tyd om die sonstilstand op jou eie spesiale manier te vier!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is selfversekerd, maar kan ook baie koppig wees. In 2016 moet jy baie meer buigsaam wees – verstandelik en fisiek.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Die positiewe ligging van die sterre¬ sorg vir ’n prettige dag vol sosiale interaksie en avontuurlike eskapades. Doen iets opwindends wat jy nog nie voorheen gedoen het nie as jy rusteloos voel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n goeie dag om werkprojekte positief en produktief af te handel. Dis ook ’n goeie dag om aan sport deel te neem, jouself kreatief uit te druk of pres saam met ’n spesiale kind of tiener te hê.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Is jy lus vir reis? Jupiter is tot September in jou sone vir huishoudelike sake en jy is dus rusteloos en lus om te reis, te trek of jou blyplek te restoureer. Jou ingewikkelde verhouding met ’n gesinslid sal begin verbeter.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Kommunikasie is die sleutel tot ’n wonderlike dag. Fokus op ernstige gesprekke en diep, emosionele konneksies terwyl jy vasstel wat regtig aan die gang is.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Ervaar jy die afgelope tyd probleme met ’n gesinslid? Dis tyd om jou geregverdigde houding te laat vaar en liewer ’n olyftakkie van vrede aan te bied. Probeer om sake van albei kante te beskou.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Mercurius en Jupiter gee jou vandag meer selfvertroue. Jy is lus om jou moue op te rol en projekte vinnig af te handel, maar met minder spanning en bekommernis as gewoonlik.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Bring kwaliteittyd saam met ’n gunsteling-gesinslid deur. Hulle sal jou gebalanseerde, rustige benadering waardeer terwyl jy hulle help om hul prioriteite vir die jaar wat voorlê agtermekaar te kry.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die maan en Pluto laat jou gevoelens verdiep en jy is nie in die bui vir oppervlakkighede nie. Jy wil by die wese van dinge uitkom en bestee tyd aan ander op ’n diep, bevredigende manier.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters trek dikwels goeie geluk van ver af aan. As jy jou internasionale kontakte koester, sal jy in die toekoms die vrugte pluk. Moenie meer belowe as wat jy bereid is om te gee nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy sal vandag gemaklik voel terwyl die maan deur jou mede-aardteken, die Bul, beweeg. Dis ook die ideale tyd om ’n internasionale vriendskap, wat jy afgeskeep het, te koester.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die sterre spoor jou aan om sosiaal te wees, maar dit te balanseer met stil alleentyd om oor jou drome en wense vir 2016 na te dink. Verskeidenheid sal die lewe vir rustelose Waterdraers opkikker.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis nodig om vandag aanpasbaar te wees en dit is jou spesialiteit. Wanneer daar uitdagings kom, moet jy jou benadering daarvolgens aanpas. Luister goed na wat ’n wyse geliefde te sê het.