Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Probeer ’n balans handhaaf tussen kreatiwiteit en produktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jou motto vir die komende jaar kom van prins William, wat vandag 34 jaar oud is. “My vernaamste lewensbeginsels is om eerlik, opreg en bedagsaam te wees en om te gee.”

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy gaan vandag pret hê deur saam met familie en vriende te kuier, maar probeer om nie in te meng en verwarrende raad te gee nie. Soms moet geliefdes hul eie foute op hul eie manier maak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

As jy ’n probleem moet takel, sal jy sien ’n kombinasie van die kop en die hart verrig vandag wondere. Wat die bestuur van geldsake en gesamentlike pogings betref, moenie kortpad vat nie.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Konsentreer op ’n wankelrige verhouding met ’n geliefde en raak aan die gesels oor huidige probleme. Moenie bekommerd wees as jy heilige grond betree nie; dis presies wat tans nodig is.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jou een helfte wil graag sosiaal wees en die wêreld aanvat, terwyl die ander helfte smag na ’n bietjie rus, vrede en privaatheid. Die oplossing? Wees ’n goed gebalanseerde Kreef en sien na albei helftes om.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dit is ’n gelukkige dag vir besigheid, want die voortvarendheidsplaneet, Jupiter, gee jou geldsone ’n welverdiende hupstoot. Moet egter nie kortpaaie loop nie. Harde werk is die beste resep vir langtermynsukses.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Maagde floreer daarop om bekwaam en selfversorgend te wees, maar moenie toelaat dat jy te geïsoleer raak van die mense om jou nie. Vra hulp as jy dit regtig nodig het – ander mense wil graag help.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Stresvolle kommunikasie kan vandag ’n persoonlike of professionele verhouding belemmer. As jy in iemand anders se skoene loop, sal jy presies weet wat om te sê.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die sterre versterk jou kunstige sy, so kry ’n projek waaraan jy met oorgawe kan werk. Moenie lui wees nie; hoe harder jy werk, hoe gelukkiger is almal.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Daar gaan dalk vandag onenigheid wees tussen jou en ’n geliefde, maar moenie jou daaroor bekommer nie. Julle het albei ruimte nodig om jul gevoelens te verwerk en dan sal sake weer die regte koers inslaan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy het vandag ’n keuse, Steenbok! Jy kan supersterk en oortuigend wees of kompulsief wees en beheer oorneem. Streef daarna om energie op heelwat positiewe, proaktiewe maniere aan te wend.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Het ’n ou vriendskap finaal stoom verloor, of hou iemand jou terug en kritiseer jou drome? Die beste raad en leiding wat jy vandag sal kry, kom van jou eie, betroubare self.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Om op datum te kom met persoonlike projekte is ’n prioriteit terwyl jy inspring en jouself organiseer. Dit is ook ’n lieflike tyd om jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms te hersien en te verfris.