pisces-hg-w

JOU DAG

Vandag se sterre moedig spontaniteit en oorspronklikheid aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou baie daarvan om jou kreatief uit te druk, maar kan onrealisties wees wat spertye betref. September en Oktober is die beste maande vir liefde en romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Pas jou drome vandag aan om ietwat meer realisties te wees. As jy ideale met ’n ferm, praktiese benadering kan kombineer, sal jy aangename en positiewe vordering maak.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Gebruik jou verbeelding om ’n nuwe oplossing te kry vir ’n probleem tuis of by die werk. As jy aanhou doen wat jy doen, gaan jy net aanhou kry wat jy kry.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vandag se sterre bevoordeel die haastige, behendige afhandeling van sake terwyl jy dinge soos ’n pro doen: aan sport deelneem, reis, ander oplei of ’n storm los gesels. Hou egter jou voete op die aarde. Moenie net praat en niks doen nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie dat los praatjies en onbelangrike dinge jou aandag aftrek van opwindende, groot ontwikkelings by die werk of universiteit nie. Hou jou fokus en aandag sterk op die toekoms gerig.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se spontane sterre verhoog jou rustelose sy en onafhanklike streep. Reis en kommunikasie word ook bevoordeel wanneer jy met vriende in verbinding tree.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

’n Onverwagte skuif deur ’n kollega of gesinslid kan verrassings oplewer. Buigbaarheid is die sleutel tot ’n gelukkige en streslose dag.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Wonder jy of jy ’n geliefde stywer moet vashou of meer vryheid moet gee? Jy moet hulle toelaat om hul eie wedloop te voltooi. Besitlikheid gaan jou geliefde net vir goed verdryf.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Moenie in ’n groef vasval nie, Skerpioen. Dis tyd om jou daaglikse roetine opwindender te maak. En voel jy verward oor ’n vriendskap pf romantiese verhouding? As jy daaroor slaap, sal jy die volgende oggend meer helderheid hê.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Verwag ’n gesellige dag, want jy gaan met ’n wye verskeidenheid van mense in aanraking kom. Venus, Mars en Uranus aktiveer jou romansesone, dus gaan sommige gelukkige Boogskutters baie skielik verlief raak.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Beskou die situasie wat ’n sakevoorstel of geldelike aangeleentheid betref uit ’n vars oogpunt. As jy jou verhouding met ’n gesinslid wil verbeter, moet jy hom/haar meer vryheid gun.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Gebruik jou unieke talente om jou tot die maksimum uit te druk. Put ekstra inspirasie uit avant-garderolmodelle, soos Amadeus Mozart, James Dean, Bob Marley en Yoko Ono, wat almal onder die teken van die Waterdraer gebore is.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Is jou geldsake in ’n chaos? Moenie die probleem ignoreer nie. Kry maniere om minder geld uit te gee en gebruik dan jou verbeelding om kreatiewe idees uit te dink wat jou kontantvloei sal bevorder.

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017