JOU DAG

Streef vandag daarna om verstandig en bedagsaam te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

In 2017 gaan jy die mag hê om besluite te beïnvloed wat in jou plaaslike gemeenskap geneem word. Moet dus nie die geleentheid laat verbyglip om ’n verskil te maak nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Is jy verward oor die uiteinde waarop ’n werkverhouding afstuur? Luister na jou intuïsie. Dit sal vir jou die regte rigting aandui. Laat ingewikkelde papierwerk liewer tot later in die week oorstaan as jy kan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dit is ’n wonderlike dag om gesinsverhoudings op te knap en vriendskappe te versterk . . . solank jy duidelik kommunikeer. Anders gaan daar onnodige gekruiste lyne en verwarrende misverstande voorkom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy kan ’n uiters besige dag verwag terwyl jy met kollegas by die werk gesels of bande met familie en vriende opknap. Enkellopende Tweelinge, soek langdurige liefde by iemand wat betroubaar en emosioneel volwasse is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die planetêre kollig val op vriendskappe en vrolike gesprekke terwyl jy nuus uit jou buurt, los praatjies oor bekendes of positiewe stories oor sake van die dag uitruil. Hou die onderwerpe lig en lewendig!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om op die hoogte te kom met familie of vriende wat in jou buurt bly. Jy voel optimisties en ywerig om uit te help terwyl jy op ’n projek in jou plaaslike gemeenskap fokus.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius is nog twee dae in trurat. Dus is dit tyd om papierwerk na te gaan of weer te kyk na familiesake wat jy op die agtergrond geskuif het. Dan gaan jy van Vrydag af weer gereed wees vir vars projekte.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Moenie lui raak nie, Weegskaal! Hoe meer jy nadink oor en meegevoel toon met gesinsverhoudings, hoe meer gaan jy terug ontvang. Die geheim is om huislike verantwoordelikhede met ’n glimlag te aanvaar.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die fokus is op praktiese en produktiewe verhoudings terwyl jy ’n poging aanpak of ’n kreatiewe projek deel met iemand wat net soos jy dink. Wat werk of skool betref, is dit tyd om jouself uit te druk!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie voel dat jy alles self moet afhandel nie. Hoe meer jy kollegas en vriende betrek by jou planne en drome vir die toekoms, hoe groter raak die kans dat hulle gaan waar word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan vandag mismoedig voel met langtermyndoelwitte wat skielik buite bereik lyk. Die gaping tussen drome en die werklikheid is groot, maar met heelwat geduld sal jy dit eindelik bereik.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Avontuurlike Waterdraers het ’n neiging om die kers aan albei kante te brand. Verminder vandag jou spoed effens en bring tyd deur by familie en vriende. Doen ook deeglike navorsing oor ’n projek voordat jy dit aanpak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Verbonde Visse, weerstaan die versoeking om ’n groot geheim van jou wederhelf te weerhou. Enkellopende Visse, jy flous dalk jouself oor wat die perfekte afspraak behels. Miskien moet jy meer realisties raak?

© Joanne Madeline Moore