JOU DAG

Jy sal sukses behaal met egte, beproefde metodes en innoverende, nuwe tegnieke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is entoesiasties en goed met besigheid. Jy hou daarvan om op die hoogte te bly van huidige tendense. In 2016 bestee jy tyd aan die ontwikkeling van jou geestelike kant.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Bly op jou tone, want die dag raak nogal chaoties. As jy buigsaam is en by veranderende omstandighede aanpas, sal jy enige ontwrigtings kan hanteer.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Daar heers vandag spanning in jou verhoudings en kollegas of geliefdes voel jou optrede is selfsugtig. As jy ’n slim Bul is, sal jy kompromieë bo konfrontasie kies.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Hou jou vinnige energie vandag in toom – veral tuis. Geliefdes kan jou planne vir die toekoms bevraagteken. Het jy heelwat groot drome en min praktiese besonderhede?

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy moet die selfvertroue hê om te sê hoe jy voel en wat jy dink. Ander mag dalk nie met jou saamstem nie, maar sal jou vir jou openlikheid en eerlikheid respekteer.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan ’n vermaaklike tyd verwag en jou emosies ry wipplank. Is ’n vriend of kollega ongelooflik veeleisend? Moenie te hard op hulle wees nie – hulle het baie hooi op hul vurk.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met Venus, Mars en Jupiter almal in jou teken kom jou natuurlike styl na vore. Put inspirasie uit die woorde van die Amerikaanse skrywer Gore Vidal: “Styl is om te weet wie jy is, wat jy wil sê en om nie ’n snars om te gee nie.”

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Mercurius beweeg nou deur jou teken tot 2 November – jy is op jou kreatiewe en kommunikatiewe beste. Probeer om nie uit te stel of besluiteloos te wees nie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As jy die eerste gedagte uitblaker wat in jou kop opkom, sal kommunikasie met ander onvoorspelbaar en gespanne wees. Dit is nie hoe jy gewoonlik optree nie. Hou jou mond – vir nou!

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die son en Mercurius is in jou sone vir sosiale netwerke en ander neem kennis van jou opmerkings. Maak dus seker jy het iets interessants om te sê!

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Voel jy geïrriteerd omdat jy soveel werk agter die skerms doen en dit lyk of niemand dit raaksien nie? Kalmeer, Steenbok, jy sal later erkenning vir jou pogings kry.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy geldelik voor wil kom, moet jy daarna streef om ’n kreatiewe benadering en ’n proaktiewe strategie te kombineer. ’n Groepbespreking kan vurig word. Staan dus terug en beskou dinge van die kantlyn af.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy voel dalk verskeur tussen wat jou hart en verstand vir jou sê terwyl jy ’n belangrike besluit moet neem. As jy intellek en intuïsie kombineer, sal jy die besluit neem wat vir jou reg is.