JOU DAG

Volgens die sterre lyk kommunikasie, gesprekvoering en kreatiewe projekte gunstig.


AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is charismaties en dit trek ander mense na jou toe aan. Oor die komende jaar moet jy seker maak jy betrek jou geliefdes by jou toekomsplanne.


RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Positiewe aspekte beloof ’n wonderlike dag vir ambisieuse Ramme. Aktiwiteite wat kommunikasie, opvoeding en reis insluit, is in die kollig. Maak die beste van geleenthede wat na jou kant toe kom.


BUL, 21 Apr.-21 Mei
Jou heerserplaneet, Venus, sorg vir uitstekende kontak met Neptunus. Liefde, romanse, kreatiwiteit, vriendelikheid en deernis is vandag op die radar. Jy sal pret hê en die lewe tot die maksimum geniet.


TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Kreatiwiteit en deernis loop hoog, maar jy neig daartoe om jou energie die wêreld vol te versprei. Fokus daarop om dinge vandag af te handel, veral wat werk en persoonlike projekte betref.


KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Moenie vandag eensaam wees nie. Gesamentlike ondernemings lyk gunstig. Julle sal met idees vorendag kom en jul talente saamgooi om iets besonders te skep. Die krag van die groep is aan jou kant.


LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Vandag se planetêre patrone is uitstekend om bevredigende professionele vordering te maak. Moenie volmaakte resultate verwag nie. Soms kan ooglopende “foute” jou in ’n wonderlike nuwe rigting stuur.


MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Jou beroepsone is geaktiveer; jy sal ’n leierskapsrol by die werk moet aanvaar. Mercurius en die son sal jou help om op slim en kreatiewe maniere met kollegas, kliënte of klante te kommunikeer.


WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Positiewe planetêre aspekte plaas jou in die bui vir liefde, romanse, avontuur, reis en kreatiewe projekte. Jy is gretig om met intieme vriende van naby en ver kontak te maak.


SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Verbonde Skerpioen: Pamperlang jou maat met ekstra aandag en liefde en verras hulle deur saam iets avontuurliks te doen. Enkellopendes: Soek liefde by iemand buite jou gewone vriendekring.


BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Dit is die volmaakte tyd om idees en gevoelens met ’n vriend of lid van die gesin te deel. Hoe meer openhartig jy oor jou persoonlike ervarings praat, hoe meer bevredigend sal jou verhoudings wees.


STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
As jy die balans kan handhaaf tussen om voorbereid te wees en tog ook spontaan, sal jy ’n wonderlike dag hê. Balans is die sleutelwoord. ’n Geliefde kan jou met ’n onverwagte skuif verras.


WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 
Oorweeg die gevolge van wat jy sê. As jy jou tyd gebruik om duidelik met gesinslede te kommunikeer – en na hul bekommernisse luister – sal jy vandag die vrugte daarvan pluk.


VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Vandag geld die spreekwoord oos, wes, tuis bes. Jy kry ’n konstante stroom versoeke van geliefdes. Hoe meer openlik jy met ’n brose familielid kommunikeer, hoe meer positief sal die resultaat wees.


Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017