Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg tot 28 Januarie agteruit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy leer vinnig, maar oorhaastigheid kan jou in die sop laat beland. In 2017 wen stadig en standvastig wen die resies.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Streef daarna om by die werk keuses te maak wat jou meer vryheid sal gee om jou vurige kreatiwiteit uit te druk. Trap ekstra versigtig met ’n kollega of toevallige kennis wat gefrustreerd voel.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Oor die volgende drie weke sal jy tegemoetkomend moet wees. Ander mense gaan hulle nie op die rasionele en voorspelbare maniere gedra wat jy duidelik kan peil nie. Streef daarna om die kommunikasiekanale oop te hou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Indien moontlik moet jy geen belangrike kontrakte tussen nou en 28 Januarie teken nie, want Mercurius beweeg agteruit deur jou sones vir gesamentlike geldsake en geld van ander. Wees liewer geduldig en wag.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Mercurius beweeg tot 28 Januarie agteruit deur jou verhoudingsone, dus kan jy baie gesprekke verwag. Maak seker jy kies jou woorde wys, anders gaan jy net jou geliefdes omkrap.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius beweeg agteruit; moet dus nie voor 28 Januarie kontrakte teken of groot items soos ’n rekenaar of motor koop nie. Gee ook so gou moontlik aandag aan enige gesondheidsprobleme.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Oor die volgende drie weke gaan die Mercurius kommunikasie deurmekaarkrap – veral met intieme vriende. As jy egter duidelik en bondig is, kan jy steeds jou boodskap hard en duidelik oordra.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius beweeg die komende drie weke agteruit deur jou huishoudelike sone, dus moet jy jou voorberei op huishoudelike dramas en gesinsfiasko’s. Roer aanvegbare onderwerpe eerder aan wanneer die tyd later weer meer geskik is.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius gaan in trurat deur jou sosialenetwerksone, dus moet jy alle plasings, twiets en e-posboodskappe twee keer lees voor jy die stuur-knoppie druk. Jy kan baie maklik die verkeerde boodskap aan die verkeerde mens stuur.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Mercurius beweeg agteruit deur jou geldsone; streef daarna om beter ingelig te raak oor jou geldsituasie. As jy nie al die feite en syfers verstaan nie, spoor iemand op wat dit wel verstaan.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Dinge gaan nie volgens plan verloop nie, want Mercurius beweeg agteruit deur jou teken. Tot 28 Januarie, wanneer Mercurius weer op ’n regstreekse koers is, gaan jy dus improvisering en geduld nodig hê.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Mercurius is in trurat; wees versigtig oor hoe jy inligting aanstuur. As jy vaag is, gaan jy verkeerd verstaan word. ’n Versigtige benadering is die slim werkwyse.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

’n Verhouding met ’n vriend/in of kennis gaan ’n moeilike tydjie beleef, want Mercurius krap kommunikasie deurmekaar en verhoog sensitiwiteit. ’n Bietjie takt sal help.

© Joanne Madeline Moore