JOU DAG

Vandag se sterre begunstig die aanleer van iets nuuts.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie bekwaam, maar jy kan ook te streng wees met jouself . . . en ander. Vanjaar is die jaar om minder versigtig te wees, te ontspan en ’n bietjie ligsinnige pret te hê.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal vandag gelukkige geleenthede kan aangryp, veral wat jou gesin, werk of sake betref. Maar weerstaan die versoeking om haastige finansiële besluite te neem. Dink sake versigtig deur.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die maan is in die Skerpioen. Dit verhoog jou geneigdheid om in ’n groef vas te val. Gelukkig por Jupiter jou sagkens aan en dit help jou ’n heersende situasie uit ’n dinamieser perspektief beskou.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vandag se voordelige aspekte gee jou gemoed ’n hupstoot en stimuleer jou studie-geen. Met die mag van positiewe denke aan jou kant, kan jy enige berg uitklim en enige storm trotseer.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Die klem val op verhoudings – van romantiese verbintenisse tot pret saam met familie en vriende. Kreatiwiteit word beklemtoon, of jy nou werk aan ’n gesamentlike projek of die kunswerke van ander geniet.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Loopbaan en geld is in die kollig, of jy jou huidige pos geniet of ’n nuwe werk soek. Jupiter stuur baie goeie geluk in jou rigting; gryp dit met albei hande aan.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie jou tot dieselfde ou portuurgroep beperk nie. Vanjaar is die jaar om vars nuwe gesigte by jou vriendekring te voeg. Studeer en reis is ook in die vooruitsig vir nuuskierige en veelsydige Maagde.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jou lewe bars uit sy nate terwyl jy behendig jou beroeps- en persoonlike behoeftes balanseer. Moenie alles self probeer doen nie. Doen moeite om vriende en familie ook te betrek.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dis tyd om geliefdes in jou vertroue te neem terwyl julle jul gedeelde drome vir die toekoms en individuele verwagtings bespreek. Maak dan aanpassings en vind ’n middeweg.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

As jy georganiseerd en geesdriftig is, kan jy vandag berge versit en ongedane sake afhandel. Wat ’n voortslepende geldelike probleem betref, moet jy geduldig wag.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Allerhande soorte reis, studies en kommunikasie word vandag begunstig terwyl jy jou uitkyk vergroot en jou horisonne verbreed. Vir ’n nuuskierige Steenbok is daar altyd iets nuuts om te leer!

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dis ’n wonderlike dag om met familielede te kommunikeer en bande met kollegas te koester. By die huis moet jy take op bestendig aanpak.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n goeie dag om op ’n verskeidenheid stimulerende maniere met familie en vriende te skakel. Jy kan ook baie leer by ’n geliefde wat ’n skatkis van lewenservaring het om met jou te deel.