JOU DAG

Die nuwemaan is in die Leeu, dus moet jy kreatiewe voornemens maak vir die volgende jaar.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is baie prettig om in jou nabyheid te wees, want jy is ’n lewendige Leeu. Jy moet jou kontantvloei in die komende jaar ’n hupstootjie gee en jou finansiële toekoms bepaal.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die nuwemaan is in die Leeu, dus is dit tyd dat onbeheersde Ramme sportief of eenvoudig super sosiaal raak. Jy is op jou uitbundigste beste terwyl jy die pad aanwys, maar moenie te baasspelerig wees en so langer bly as wat jy welkom is nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Het jy dinge uitgestel, Bul? Is daar noodsaaklike take tuis wat jy gedurig uitstel? Die nuwemaan moedig jou aan om jou moue op te rol en so gou moontlik aan die werk te spring.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voel dit asof sommige van jou vriendskappe net outomaties voortploeter? Die nuwemaan por jou aan om nuwe maniere te vind om met die mense om jou te bind – of dit nou tuis, by die werk of in jou plaaslike gemeenskap is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy’s gretig om jou fisieke voorkoms te verbeter, want die nuwemaan stimuleer jou selfvertrouesone. Geniet dit om jou beeld na buite op te kikker, maar onthou, ware skoonheid kom van binne.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die son en die maan sluit bymekaar aan in jou teken, dus is dit hoog tyd dat selfversekerde. charismatiese Katte begin skitter – presies soos wat jy daarvan hou. Doen dus iets spesiaals wat jou in die openbare kollig plaas.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die nuwemaan is net die regte tyd om nuwe lewe te gee aan jou pap Maagd-batterye. Neem dus ’n ruskans van jou dolle daaglikse roetine en vlug na ’n stil, privaat plek waar jy kan ontspan en weer jonk kan raak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die nuwemaan skud jou uit die apatiese modus van die Weegskaal, en binne-in ’n produktiewe werkmodus. As jy jou talente bydra tot ’n gesamentlike poging of ’n groepsprojek, sal jy langdurige bevrediging kry.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verveeld by die werk? Dink aan maniere om ’n muwwe loopbaan stukrag te gee terwyl die nuwemaan jou professionele sone stimuleer. Werkloos? Dit is nou die perfekte tyd om aansoek te doen om jou droombetrekking.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is in die luim vir opwinding terwyl die nuwemaan jou ontdekkingsome aanvuur. Dit is dus ’n wonderlike tyd om saam met ’n spesiale mens op ’n lekker avontuurtog in die buitelug te gaan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Ons roep alle Steenbokke! Die nuwemaan spoor jou aan om ’n intieme verhouding te herskep. As jy in negatiewe maniere verval het om toenadering te soek, is dit nou tyd om na positiewer gedragspatrone oor te skakel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Het jy ’n problem met jou maat? Of het ’n intieme verhouding stram geword? Die nuwemaan verskaf ’n gulde geleentheid om dinge te lap en dit uit ’n vars, nuwe oogpunt te benader.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die nuwemaan is die ideale tyd om ’n gebruikersvriendelike daaglikse roetine te ontwikkel. As die ononderhandelbare take eers uit die weg is, gaan jy meer tyd hê om die dinge te doen wat jy werklik geniet.