Hier is wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore.

JOU DAG

Die volmaan skyn sy kollig op werkaangeleenthede en persoonlike verantwoordelikhede.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is emosioneel sensitief, maar ook temperamenteel. In die komende jaar moet jy daaraan werk om meer geduldig te wees. Liefde is in Oktober in die lug.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die volmaan laai jou beroepsone vol; dus moet jy ’n bietjie rem aanslaan en mooi dink voor jy praat, veral by die werk. Anders kan jy maklik iets verkeerds sê en ander mense onbedoeld ontstel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jou kommunikasie- en opvoedingsones word deur die volmaan geaktiveer. Dit is dus die perfekte tyd om jou Bul-brein oefening te gee deur so kreatief moontlik te gesels, SMS, twiet, lees en gedagtes uit te ruil.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die volmaan plaas die kollig op gesamentlike finansiële ooreenkomste; dus moet jy seker maak dat jy jou verantwoordelikhede verstaan en jou verpligtings nakom. Enkellopendes is in ’n luim vir partytjie hou en speel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy in ’n verhouding is, kan jy in die volgende 24 uur ’n bietjie volmaan-intensiteit verwag. Vir sommige gelukkige Krewe hou liefde en geld verband met mekaar terwyl die planete ’n sensuele pasmaat in jou rigting stuur.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Sommige Leeus is stewig toegespits op die verlede, met die volmaan wat jou geheuesone aktiveer. Nabetragting is goed, maar moenie vasgevang word in ou griewe nie. Maak die dek skoon en gaan aan met jou lewe!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met dié dat die volmaan jou vermaaklikheidsone energie gee, moet jy ophou om so hard te werk en jou so baie te bekommer. Skop stof op en geniet’n bietjie goeie oudmodiese pret. Dit kan net lekker raak!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Huishoudelike dramas of misverstande is baie waarskynlik aangesien die volmaan jou familiesone warm maak. Benut gerus jou diplomatieke vermoëns as Weegskaal, maar maak seker dat jy nie vasgevang word in die kruisvuur nie!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

’n Intieme verhouding raak ernstig; dus moet jy oppas dat jy nie ’n klomp ou geraamtes uit die kas krap wat liewer daar moes gebly het nie. Duidelike kommunikasie is die sleutel tot ’n dramalose dag vir uitgeslape Skerpioene.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met dié dat die volmaan jou geldsone stimuleer, moet jy alles in jou vermoë doen om impulsiewe aanlyn aankope en spontane besteding te vermy. Dit waarvan jy vandag hou, kan môre dalk nie meer so aanloklik wees nie!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die Steenbok-volmaan werp die kollig op kommunikasieprobleme in ’n intieme verhouding. Julle sal albei moet toegewings maak, anders gaan die emosionele toutrekkery net voortduur.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy voel rusteloos en rebels aangesien die volmaan jou omkrap, maar dis niks wat jy nie kan oorkom nie. Kry interessante en stimulerende dinge om te doen sodat jy nie straks verveeld raak nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Terwyl jou simpatieke sy lewendig raak, het jy ’n behoefte om ander te help. Groepsaktiwiteite en kunstighede word ook bevoordeel terwyl jy inskakel by die sosiale en kreatiewe Visse-eienskappe in jou binneste.