JOU DAG

Streef daarna om jou uiterlike begeertes met jou innerlike behoeftes te balanseer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is in jou mag om ander mense positief te beïnvloed. Komende Julie is die mees romantiese maand om by ’n aanlyn-afspraakwebwerf aan te sluit, verlief te raak, iemand te vra om met jou te trou, in die huwelik te tree of om jou troubeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wat ’n huidige probleem met ’n geliefde of ’n kollega betref, sal ’n onwillekeurige reaksie net die situasie vererger. Die huidige sterre moedig kalme oorlegpleging en samewerking aan.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bul, jy is in ’n luim om jou oor te gee aan goeie kos en goeie wyn, maar moenie dinge oordoen nie. Jy moet eerder opstaan van daardie gemaklike rusbank – of kantoorstoel – af en aan die werk spring.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus besoek jou verhoudingsone, dus moet jy begin om met jou familie en vriende te gesels en saam te werk. Vind uit wat hulle dink en hoe hulle voel. Alles draai nie net om jou nie, Tweeling!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer energie jy gebruik om ander mense te help – en situasies uit hul oogpunt te beskou – hoe beter sal die dag wees. Netwerkvorming en groepprojekte is ook gunstelinge.

LEEU, 24 Jul.-23Aug.

Persoonlike projekte, groepsaktiwiteite en sosiale netwerkvorming word almal vandag uitgelig terwyl jy dinge meng en verskillende take tegelykertyd tot die uiterste doen. Met die son en die maan aan jou kant, is jy gereed om te skyn.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter help jou om uitdagings op ’n kalm en selfversekerde manier aan te pak. Die motto vir die oomblik kom van ’n aanhaling van Dolly Parton: “As jy die reënboog wil sien, moet jy die reën verdra.”

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se sterre bevoordeel selfvertroeteling, dus is dit die aangewese tyd vir ’n gesigbehandeling of om haarkapper toe te gaan, ’n luuksueuse bad of spa geniet en jou passie vir musiek, kuns of letterkunde te troetel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die wiele van 'n sakeverhouding behoort vandag glad te loop terwyl jy die regte balans tussen individualiteit en professionaliteit kry. Wat finansies betref, raak kreatief.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Wees ekstra versigtig ten opsigte van alle geldsake en finansiële transaksies, want Mercurius beweeg nog steeds terug deur jou kontantsone. As jy twyfel, moenie aarsel om seker te maak en dubbel seker te maak nie.

BOK, 22 Des.-22 Jan.

Moenie ander mense blameer as dinge nie volgens jou streng Bok-rooster verloop nie. Dink na oor die huidige situasie – jy sal wel kreatiewe nuwe maniere vind om ou, halsstarrige dilemmas te takel.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vandag is daar ’n yslike verskil tussen dit wat jy wil hê en dit wat jy nodig het, Waterdraer. 'n Ou verwagting, droom of wens moet miskien aangepas word sodat dit die nuwe jy beter kan weerspieël in 2016.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat ’n belangrike vriendskap betref, gebeur daar baie dinge waarvan jy moontlik nie bewus is nie, onder die oppervlak. Moet dus nie ’n vriend/in wat nie volgens die norm optree nie, te vinnig oordeel nie.