JOU DAG

Bly kalm en gaan voort, ten spyte van die dramas of vertragings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kragdadig en slim, en ander mense maak op jou staat om die werk gedaan te kry. Moenie te trots wees om vanjaar om hulp te vra nie; familie en vriende is gretig om te help.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie onvoorbereid inspring as jy met ander mense te doen het nie – veral by die werk, skool of kollege/universiteit. Hoe meer jy beplan en strategies te werk gaan, hoe suksesvoller sal die resultaat wees. Dit gaan egter nie oornag gebeur nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Dramas is aan die kom wat geld betref – veral as jou geldsake aan iemand anders s’n gekoppel is. Sit oor die volgende klompie weke ’n paar rand ekstra eenkant om onvoorsiene uitgawes te dek. Slim Bulle sal voorbereid wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Beloftes is goedkoop! Jy is vuur en vlam om iemand in nood te help, maar moenie hulp – of geld – aanbied as jy nie die tyd of geld het om te gee nie. Wees realisties oor wat jy kan bydra.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Krewe kan vandag verskeur voel aangesien veelvuldige verantwoordelikhede – en mense – meeding om hul aandag. As jy die pas markeer, sal jy minder gespanne voel.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

As jy te erg opgewen, opgeblaas of oordonderend is, gaan ander mense jou vandag met ’n slag terugbring aarde toe. Moenie ’n eensame Leeu wees nie; hoe meer jy beraadslaag, hoe beter.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Duidelike en bondige kommunikasie is die geheim vir ’n suksesvolle dag. Wat bakleiende vriende of familielede betref, moet jy daarna streef om regverdig en gebalanseerd te wees. Elke storie het altyd minstens twee kante.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Traak-my-nie-agtige Weegskale kan ’n lui klomp wees en hoe meer jy uitstel, hoe ongelukkiger gaan jy voel. Hope take moet verrig word, so spring van die heining af en doen dit net.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Mars en Pluto beweeg albei terug; daarom moet jy verwag jou motivering- en energievlak gaan laag wees. Dit is dus nie ’n goeie tyd om met onverskrokke nuwe idees vorendag te kom nie. Maak eerder ’n langtermynplan en werk ’n vaste strategie uit.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Baie mense gaan vandag baie intens wees, dus moet jy probeer om dinge met jou Boogskutter-humorsin te verbeter. Moet dit egter nie oordoen nie. Vermy ook taboe en sensitiewe onderwerpe.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer kere jy in die beheervraatmodus inskuif, hoe meer probleme gaan jy met ander mense hê – by die huis en by die werk. Die dag sal op sy beste verloop as jy kreatiewe oplossings vind vir heersende probleme.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy voel dalk jy vorder nie wat jou betrokkenheid by ’n groep, klub of organisasie betref nie. As jy geduld aan die dag lê, sal dinge verbeter, maar dit sal tyd neem.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is hoog tyd dat vriendelike Visse nuwe maniere vind om met die mense om hom/haar te skakel, of dit nou by die huis is of in die plaaslike gemeenskap. Verwag frustrasie by die skool, kollege/universiteit of werk.