JOU DAG 

Verwag vandag die onverwagte en berei jou voor op ’n verrassing.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dapper en toegewyd; dus hou jy daarvan om jouself – en die mense om jou – te organiseer. Maak net seker jy ruim genoeg plek in vir pret en spontaneïteit.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy sal verveeld voel met jou gewone Ram-roetine, en smag na opwinding, spoed en geestelike stimulasie. Jy het lus om skielike veranderings aan te bring, maar moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Baie besige Bulle sal gespanne en liggeraak voel terwyl jul streng rooster geskud en omgekrap raak. Die beste manier om die dag aan te pak is om te ontspan, pret te maak en dinge eenvoudig te aanvaar soos hulle kom.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die sterre klits jou geldsones op; dus moet jy nie groot geldskuiwe maak nie. Skielike winste – en verliese – is tans moontlik. Deurdink dinge dus en gaan baie versigtig voort.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vandag se sterre klits jou gevoelens op – en kan jou nogal iesegrimmig maak. Vermy dus netelige onderwerpe, emosionele snellers en opdringerige mense wat jou knoppies druk. Probeer jou bes om jou Kreef-selfbeheersing te behou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Voel jy dalk ietwat moeg? Jy het miskien vandag ’n sterk hupstoot nodig om jou in ’n werkluim te kry. Dis ook tyd vir ’n ekstra tikkie takt en diplomasie teenoor ’n bekommerde vriend/in.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Betroubare Maagde verpes onderbrekings. En vandag gaan heelwat daarvan oplewer, aangesien die verpestelike planete jul gewone roetine omkeer. Markeer dus jou pas en neem dinge een tree op ’n keer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

’n Persoonlike of werkverhouding gaan onvoorspelbaar wees aangesien die ander persoon op ’n onthutsende manier optree. Moenie toelaat dat uitstel jou verlam nie. Dis tyd om op jou tande te byt en op te tree!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Weerstaan die drang om mense en situasies te beheer. Die planete stuur ’n draaibal in jou rigting – veral wat werk of gesondheid betref. Hoe meer hardkoppig jy is, hoe moeiliker sal die dag wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Verhouding met ’n kind, tiener of vriend/in kan vandag ’n heel onverwagte rigting inslaan. Is dit nie miskien tyd om by ’n kreatiewe, nuwe klomp aan te sluit as sommige van jou vriende jou verveel nie?

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit sal vandag moeilik wees om intieme verhoudings te hanteer aangesien ’n onverwagte probleem opduik en aandring op aandag. ’n Gesinslid kan jou ook ergerlik maak. Probeer dus buigbaar wees. 

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Weerstaan vandag die drang om iets impulsiefs te sê of te doen wat jy later sal berou. Onthou, jy kan brûe vining afbrand, maar dit duur lank om hulle te herstel. Wees ook ekstra versigtig as jy ’n motor bestuur.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is vandag gretig om baie rond te val terwyl jy opwindende nuwe Visse-moontlikhede uitdink vir die toekoms. Weerstaan tog net die drang om impulsief met geld en sorgeloos met krediet te wees.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.