JOU DAG

Maak tyd om op kreatiewe maniere met ander te skakel.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om ander te help. Probeer om meer diplomaties te wees wanneer hulle nie by jou hoë standaarde kan byhou nie. Maak gereelde ontspanning in 2016 ’n prioriteit.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie vandag oorhaastig tot gevolgtrekkings kom nie. Kommunikeer duidelik en maak seker van die feite voor jy reageer. Kontak met vriende maak jou entoesiasties vir gesamentlike projekte in die toekoms.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Met Venus en Mars in jou welstandsone is dit tyd om proaktief oor gesondheid, fiksheid en ’n oefenroetine, wat jy werklik geniet, te wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Venus spoor jou aan om bestaande vriendskappe te koester terwyl proaktiewe Mars jou motiveer om ’n opwindende, nuwe groep te soek by wie jy aanklank vind. Jy kan nooit te veel vriende hê nie!

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Probeer om regtig te verstaan waarom ’n gesinslid bekommerd is. Met deernis, samewerking en ’n proaktiewe gesindheid kan jy die verhouding verander.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Daar is twee maniere waarop jy tans jou verhoudings met geliefdes kan verbeter: begin praat en raak kreatief. Hoe meer jy met hulle praat en saam met hulle dinge skep, hoe beter sal jul verhouding wees.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Jy is lus om met ’n wye verskeidenheid mense te gesels en is baie nuuskierig. Daar is onvoorspelbare energie in die lug en jou brein wil bars van al jou innoverende idees.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die meeste Weegskale is groot uitstellers en kan dit moeilik vind om besluite te neem. Mars in jou teken help jou om vinnig besluite te neem en daarby te hou.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die son en Mercurius se ligging is fantasties vir studie, navorsing en nadenke. Jy leer ken jouself selfs beter. Span jou innerlike wysheid in vir die antwoorde waarna jy soek.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Met die son en Mercurius in jou sone vir afsondering is jy nie so gesellig soos gewoonlik nie. Maak tyd om te dagdroom, te mediteer, dinge te oordink en net rustig te word.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Betrekkinge met ander verloop nie volgens plan nie – veral waar geld betrokke is. Net omdat jy versigtig met kontant en skuld is, beteken dit nie die mense om jou is ook so nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die son en Mercurius se ligging is wonderlik vir werk, want dit vermeerder jou selfvertroue en oorredingsvermoë. Soek jy werk? Dis nou tyd om iets daaromtrent te doen!

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met die son en Mercurius in jou ambisiesone kan jy uitdagende doelwitte vir die toekoms stel. Moenie toelaat dat vrees of mislukking jou keer om jou drome te bewaarheid nie. Wie nie waag nie wen nie!