JOU DAG

Die maan in die Weegskaal bevorder vandag kalm samewerking.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is toegewyd en verantwoordelik. Die komende jaar beloof om voorspoedig te wees, maar jy moet die gulde geleenthede aangryp as dit opduik, anders sal dit by jou verbygaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Reis en kommunikasie word vandag belig, solank jy nie haastig is nie. Spring in ’n motor, bus, trein of vliegtuig en praat, SMS of twiet ’n hond uit bos uit. Jy het baie nuus om met ander mense te deel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die son en Venus besoek albei jou teken; dis tyd om te skitter. Mercurius is steeds in trurat; deurdink dinge mooi voor jy enige aardskuddende aankondigings maak.

TWEELING, 22 Mei- 21 Jun.

Hoe meer kreatief jy met ander mense werk, hoe meer produktief en positief gaan die dag wees. Kommunikasie en samewerking met die jongmense in jou lewe sal lonend wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Droom jy groot genoeg? Moenie jouself inperk nie. Vier planete aktiveer jou aspirasiesones. Maak seker jou toekomsplanne is so groot, mooi en kreatief as moontlik.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Genotsug en impulsiewe aankope skep op die oomblik gevaar, aangesien die weeldeliewende Jupiter jou lus vir bestee stimuleer. Deurdink dinge deeglik en los jou kredietkaart by die huis.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie toelaat dat ’n familielid jou selfvertroue ondermyn nie. Dit is tyd om jou man te staan en dan voort te stoom met ’n belangrike persoonlike projek. Aanhouer sal op die ou end wen.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Die maan in die Weegskaal kan jou gespreksvaardighede en diplomatieke gedragswyse versterk. Dit is ook ’n fantastiese dag om ’n nuwe uitrusting te koop, jou hare te laat versorg of ’n ontspannende masseersessie te geniet.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Wat projekte by die werk en saketransaksies betref, moet jy seker maak jy het al die vereiste huiswerk en navorsingswerk gedoen. Die terugkerende Saturnus moedig jou aan om noukeurig aan belangrike besonderhede aandag te skenk.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Selfvertroue, kommunikasie en kreatiwiteit is die gonswoorde by die werk, terwyl jy daarna streef om meer positief en proaktief te wees. Maak seker jy bied jouself so professioneel – en aantreklik– moontlik aan.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat betref vrywilligers- of betaalde werk, moet jy die beste haal uit enige gelukkie wat vandag na jou kant toe kom. Dit is hoog tyd om stylvol te wees, te kommunikeer en netwerkverbindings te skep.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Iewers in die volgende vyf maande gaan sommige gelukkige Waterdraers baat vind deur middel van ’n geskenk, pasella, salarisverhoging, bonus, huwelikskikking, pensioenuitbetaling, erfenis of geld wat jy van belasting terugkry.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Kyk ernstig na jou verhoudings en jou loopbaan, en vind maniere waarop jy jou huidige prestasie kan verbeter. As jy gefokus is en in jouself glo, kan jy enigiets vermag waarop jy jou toespits.