JOU DAG

Streef daarna om jou uiterlike begeertes met jou innerlike behoeftes te versoen.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die vermoë om ander ten goede te beïnvloed. Junie is die maand om by ’n maatsoekwebtuiste aan te sluit, verlief te raak, die jawoord te vra, te trou of jou huweliksbeloftes te hernieu.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se planetêre patrone moedig vrywillige werk, kreatiewe projekte en geestelike aktiwiteite aan. Maar is jy dalk wat ’n persoonlike saak of ’n ambisieuse droom betref, heeltemal onrealisties?

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is in die bui om weg te lê aan goeie kos en wyn, maar hou matigheid voor oë. Dis belangrik om op te staan van jou gemaksofa af – of jou kantoorstoel – en jou lyf te begin roer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die wiele van ’n sakeverhouding behoort vandag glad te draai terwyl jy die balans tussen persoonlik- en professioneel-wees regkry. Wat finansiële sake betref, moet jy kreatief raak.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Hoe meer energie jy aanwend om ander te help en situasies uit húl perspektief te beskou, hoe beter gaan die dag raak. Dis ook ’n goeie tyd vir die sosiale media en kontak met vriende in die buiteland.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Werkprojekte, sake en sosiale netwerke val almal vandag onder die kollig terwyl jy dinge aanvuur en allerhande take maksimaal tegelykertyd verrig. Met die Son en die Maan aan jou kant, is jy gereed om te skyn.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wat ’n huidige probleem met ’n geliefde of kollega betref, gaan ’n skielike reaksie net die situasie aanvuur. Die huidige sterre moedig kalm samewerking en helende bespreking aan.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se sterre maak die tyd geleë om jouself te pamperlang. Kry ’n gesigsbehandeling, besoek ’n haarkapper toe te gaan of geniet ’n luukse bad of spa. Gee jou ook oor aan jou passie vir musiek, kuns of die letterkunde.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As sake nie volgens jou Skerpioen-rooster verloop nie, moenie ander verkwalik nie. Dink na oor die huidige situasie – dan sal jy kreatiewe nuwe maniere ontdek om hardnekkige, ou dilemmas aan te pak.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jy ’n halsoorkop-Boogskutter? Met Saturnus in jou teken, moet jy daarna streef om deegliker te wees. Soos Benjamin Franklin ons herinner: “As ’n mens nie voorberei nie, berei jy voor om te misluk.”

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jou inspirerende leuse vir die dag kom van ’n mede-Steenbok, die politikus en skrywer Benjamin Franklin, wat op 17 Januarie 1706 gebore is: “Energie en volharding raak alles baas.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat jy wil hê en wat jy nodig het, verskil vandag, Waterdraer. ’n Ou verwagting, droom of wens sal dalk hernieu moet word sodat dit in 2017 ’n beter weerspieëling van jou kan wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wat ’n belangrike vriendskap betref, gaan daar baie onder die oppervlak aan waarvan jy dalk nie bewus is nie. Moet dus nie ’n hegte vriend(in) wat buite sy/haar aard optree, te gou oordeel nie.

© Joanne Madeline Moore