Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Probeer vandag om albei jou voete stewig op die aarde te hou.

AS JY VANDAG VERJAAR

Dit is opwindend en stimulerend om naby jou te wees. In 2016 moet jy jou spoed verminder en die pas markeer – net so effentjies!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Kommunikasie is die gonswoord aangesien die maan in die Tweeling jou nuuskierigheid prikkel. Maak dus seker dat jy stimulerende onderwerpe het om met ander mense te bespreek – persoonlik, sowel as aanlyn.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die groep se krag is aan jou kant terwyl jy inskakel by die gedagtes en gevoelens van andere. Dit is dus ? fantastiese dag vir verkoopslui – maar moenie verwarrende besluite neem waaroor jy later mag spyt wees nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Onverwagte aspekte van die maan en Mercurius beteken dat jou sosiale vermoëns vandag op ? ongewoon hoë vlak is, Tweeling. Bekkig is jou tweede naam terwyl jy ander mense met jou vrolike geselskap bekoor.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy mag nou wel oor vele unieke talente beskik, maar hulle sal nie werklik blom voordat jy hulle nie vertroetel en met die hulp van ? mentor ontwikkel nie. Wanneer sal die leermeester vorendag kom? Sodra die student gereed is!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Wat gedeelde hulpbronne, gesamentlike finansies of groepsprojekte betref: is jy realisties? Of belowe jy dinge wat jy nie werklik sal kan lewer nie? Iets om aan te herkou.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius versterk jou breinkrag vandag terwyl jy aan ? ingewikkelde projek werk of ? moeilike probleem probeer oplos. Jy dink jy weet hoe ? geliefde voel, maar jy mag jou dalk lelik misgis.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Wat finansies en werk betref, is die tyd reg om op te hou met uitstel en te sorg dat dinge begin gebeur. Mars help om jou te motiveer en Saturnus herinner jou aan die feit dat kitsoplossings nie bestaan nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioene kan baie versigtige en strategiese mense wees. Maar Mars gee jou ’n skop van agter af en moedig jou aan om vinnig te reageer en probleme onmiddellik op te los. Daar’s nie tyd vir verskonings nie!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy bespreek vandag verskillende benaderings en netelige tydlyne, dus gaan daar heel moontlik lewendig gedebatteer word. Met die verstandige Saturnus in jou teken, moet jy seker maak dat jy kalm selfbeheersing aan die dag lê.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie berge van miershope maak nie, veral nie by die huis nie. Gesamentlike finansiële waagstukke word bevoordeel en jou gesondeverstand-benadering sal deur die mense om jou waardeer word.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Wat kinders, tieners, vriende en finansies betref, kan dinge vandag baie vinnig baie verwarrend raak. Probeer dus tans om jou emosies uit geldsake te hou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dit is hoog tyd om jou ou drome te hersien en nuwes te formuleer. Begin met realistiese doelwitte, en, wanneer jy hulle bereik, mik telkens die volgende keer hoër. Sorg egter dat jy nie weggevoer raak deur onrealistiese oogmerke nie.