Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Dis tyd om ’n konstante probleem op ’n skeppende wyse op te los.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vermy die versoeking om in die komende jaar werk en geld eerste te stel. Gebruik jou tyd om met familie en vriende te sosialiseer – en ook om op jou ware gevoelens in te skakel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se sterre sorg vir ’n stimulerende dag, heel waarskynlik met verrassings en ontsteltenisse. Dit gaan jou sy van maklike aandagafleibaarheid tevrede hou. Roekelose optrede kan haastige Ramme egter in die pekel laat beland.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Fokus op jou doelwitte en aspirasies vir die toekoms. Betrek ’n familielid by jou langtermynplanne – hulle het ’n alternatiewe perspektief om aan te bied. Streef daarna om jou idees duidelik oor te dra.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat jou sosialemedia-strategie betref is dit tyd vir ’n skeppende benadering. Take wat verbeelding en briljantheid verg, lyk gunstig. Dan kan jy weer met gemak asemskep nadat die werk goed afgehandel is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Vertroue is vandag ’n groot kwessie in ’n romantiese of platoniese verhouding. Vermy die versoeking om aan verwyte vas te klou en alte hardkoppig te wees. Vind plek in jou hart om te vergewe en te vergeet.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om jouself uit te druk. Jou motto vir vandag kom van jou bekende Leeu-verjaardaggenoot Madonna: “Ek staan vir vryheid van uitdrukking, om te doen waarin jy glo en jou drome na te jaag.”

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Om skielike geldskuiwe te maak – veral waar gesamentlike finansiële reëlings betrokke is – kan dalk later tot berou lei. Gebruik jou tyd om dinge op ’n deeglike manier goed te deurdink.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy nie jou kant tuis bring nie, gaan gesinslede – of huismaats – maar alte gou jou tekortkominge uitwys. Dit is dalk tyd om weer ’n slag na die huishoudelike rooster te kyk.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Is jy verveeld met jou gewone roetine? Hou vandag op tob oor netelige roetinesakies, klim uit die blokkie waarin jy leef en doen iets onvoorspelbaars of ongewoons.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Spontane Boogskutters gaan ekstra rusteloos voel terwyl hulle rondskarrel op soek na nuwe avonture. Raak rustig en pas jou spoed aan, anders gaan jy dalk dinge sê of doen wat jy later sal berou.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy verkies om ’n huidige probleem op ’n stadige en konstante manier te benader. ’n Geliefde wil dit egter dadelik opgelos hê. Die slim en verstandige ding om te doen, is om iewers gemene terrein te vind.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy is lus om ’n paar groot veranderings te ondersoek, met skeppende idees en laterale denke wat jou verbeelding aangryp. Wees versigtig om nie oorboord te gaan nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die fokus is op groepaktiwiteite en jou kreatiewe idees sal deur ander mense waardeer word. Dis ook ’n baie goeie dag om jou navorsingsvermoëns op te skerp terwyl jy diep delf vir inligting wat moeilik verkrygbaar is.