JOU DAG

Koel kompromieë is die sleutel tot ’n spanningvrye dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jupiter gee in 2016 jou selfvertroue ’n welkome hupstoot wanneer jy nuwe rigtings inslaan en na die sterre mik.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Met Mercurius wat deur jou verhoudingsone beweeg, moet jy ophou om kwessies te vermy en begin kommunikeer oor wat jy regtig wil hê. Moenie verwag dat ander op ’n wonderbaarlike wyse jou gedagtes gaan lees nie.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie toelaat dat jaloesie vandag kop uitsteek nie. Jy moet die selfvertroue hê om jou maat genoeg ruimte te gun. Enkellopendes moet liggewigte vermy. Soek iemand wat verstandig, stabiel en volwasse is.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy kan hoogte- en laagtepunte verwag. Jy sal rusteloos voel. Jou verhouding met familie en vriende kan onvoorspelbaar wees. Dalk sal ’n bietjie stil alleentyd help dat jy nie so moeg voel nie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Jy is dalk vandag ooremosioneel – veral oor ’n ingewikkelde gesinskwessie. Vermy die versoeking om items waaroor jy later spyt sal wees impulsief te koop.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Die maan is in die Weegskaal-teken en Venus is in die Leeu-teken. Probeer om ’n situasie van albei kante te beskou. ’n Bietjie diplomasie maak ’n groot verskil! Span jou kreatiwiteit op praktiese, produktiewe maniere in.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Met die voorspoedplaneet Jupiter in jou teken sal jy positiewe mense en situasies na jou toe aantrek. Maak seker jy benut die goeie geleenthede wat na jou kant toe kom.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is tans baie kreatief en inspireer ander tuis en by die werk. Dis die ideale tyd om jou kreatiwiteit in professionele projekte of in ’n dinamiese groepsituasie uit te druk.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Is jy te aggressief? Jy kan mag uitoefen van agter die skerms, maar moenie dit oordoen nie. Dis beter om ’n sagte maar ferm benadering te volg as om mense met jou intensiteit af te skrik.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters floreer op avontuur. Skeep jy jou oorsese vriende af? Met die maan wat deur jou reissone beweeg, moet jy alles doen wat jy kan om jou internasionale kontakte te behou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Verwag vandag dramatiese gesprekke met geliefdes. Jy gaan nie graag kompromieë aan nie en ander kan verras wees deur die intensiteit van jou gevoelens of jou buierigheid.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Dit sal jou nêrens bring as jy ontwrigtend en dwarstrekkerig is nie. Vind liewer werkbare maniere om uit probleme te kom en vra vriende vir positiewe, produktiewe raad.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Dis gevaarlik om spontaan te koop, want jy kan dit later berou. Jy is geneig om dinge net vir emosionele redes te koop. Bly dus weg van jou gunsteling-winkels en aanlyn-inkopieplekke.