Hier is wat die sterre vandag vir jou voorspel, deur Joanne Moore.

JOU DAG

Vandag se sterre bevorder kommunikasie op proaktiewe maniere.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n gematigde, magnetiese persoonlikheid wat mense na jou toe aantrek. In 2017 moet jy minder stres, dikwels ontspan en baie meer speel.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou oorredingskrag word aangevuur en jou woorde kan iemand aanspoor om positiewe stappe te doen. Maak egter doodseker jy dink voor jy praat en moenie sensitiewe onderwerpe aanroer nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Baie Bulle is gebore versamelaars. Jy voel veilig wanneer jy omring is deur goed waarvan jy hou. Die klem val egter vandag op innerlike sekerheid – om sterk te voel van binne. Wat jy ook al besit, is nou van mindere belang.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie vandag impulsief wees en die eerste ding wat in jou gedagtes opkom, uitblaker nie, Tweeling. Saturnus lê beslis tans beperkings op ’n intieme verhouding. Maar gee dit jou dalk ook die geborgenheid wat jy nodig het?

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dis ’n goeie dag om jou gewone roetine om te keer, individuele inisiatief te toon, sake van die dag te bespreek of belangrike take op jou doenlysie af te merk. Daarna kan jy ontspan, want ’n taak is behoorlik afgehandel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Julle is vandag in ’n bui om beheer te neem, Leeus. Probeer om al daardie vurige energie in uitdagende projekte en fisieke strewes te kanaliseer, pleks van baasspelerig te wees teenoor jul geliefdes.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius en Mars moedig jou aan om te praat oor ’n probleem wat jy op kantoor of tuis ervaar. ’n Kollega of gesinslid sal maar te bly wees om te luister. En onthou – ’n gedeelde probleem is ’n halwe probleem!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die sterre bevoordeel vrolike gesprekke en lighartige gekskeerdery. Jy is ook gretig om na ’n rolprent te kyk, konsert toe te gaan, na ’n uitstalling te gaan kyk of jou met ’n splinternuwe boek op te krul vir ’n heerlike leessessie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Streef daarna om die balans reg te kry tussen proaktief wees en voorbedagte optrede. Spontaneïteit werk soms. Ander kere leer oplettende Skerpioene om ’n meer gematigde benadering te volg.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Moenie ’n eendagwonder wees nie, Boogskutter! Jy het ’n menigte wonderlike idees, maar maak seker jou energie, goeie bedoelings en geesdrif hou lank genoeg sodat jy dit waarmee jy begin het, klaar kan maak.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan nie vandag baie gesellig voel nie, Steenbok, want die sterre aktiveer jou alleenweessone. Dit is dus die perfekte tyd om alles te geniet wat jy alleen kan doen – soos lees, skryf en gaan wandel.

WATERDRAER, 21 Jan,-19 Feb.

Hou jy van jou werk en stimuleer dit jou kreatiwiteit? Ruim tyd in om jou professionele posisie te herevalueer, want Mars motiveer jou, en die Son beweeg deur jou loopbaansone.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie op die kantlyn sit en ’n muurblom wees nie. Jy is in die bui om te sosialiseer en rond te gaan, te gesels en te kommunikeer. Weerstaan tog net die drang om meer te belowe as wat jy kan lewer.

© Joanne Madeline Moore