Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Vandag se sterre kan jou ongeduldig en impulsief maak. Vat dit kalm.

AS JY VANDAG VERJAAR

Beskou die lewe in 2016 met ’n vars perspektief. As iets nie werk nie, moet jy die moed hê om dit te laat gaan en na iets meer produktief te beweeg.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Moenie hardloop voor jy kan loop nie. Jy wil baie graag met iets begin, maar die sterre moedig jou aan om eers op ’n kreatiewe manier met ander koppe bymekaar te sit voor jy instorm en veranderinge maak. Probeer om die groter prentjie te sien.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Die meeste mense is haastig en praat die heeltyd en party kan ongeduldig raak met jou gebrek aan momentum. Moenie bekommerd wees nie, Bul. Hou net aan teen jou eie, konstante pas.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Jy is baie kreatief en maak staat op jou instink en verbeelding. Moenie toelaat dat jou geneigdheid tot skinder tussen jou en ander kom nie. Dis tyd vir slim Tweelinge om af te koel en hulself weer reg in te stel.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Vind jy dit moeilik om met ander te kommunikeer? As jy ’n deernisvolle benadering met goeie luistervaardighede kombineer, sal jou verhoudings baie verbeter.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis ’n gevaarlike dag vir geldsake met baie Leeus wat hulle aan ’n spontane inkopietog oorgee. Inkopiepret nou kan later in trane eindig as jy sien hoe jou bankbalans gekrimp het.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie vandag te logies en rasioneel wees nie. Die sterre spoor jou aan om jou verbeelding te gebruik. Jy dryf weg na droomland en laat jou instink die probleem oplos wat jou pla.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy is gretig om ander te help, maar moenie meegevoer word en meer belowe as wat jy gemaklik kan doen nie. Laat jou intuïsie jou oor ’n werks- of gesinskwessie lei.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

As ’n geldkwessie of geleentheid te vinnig en goed is om waar te wees, is dit waarskynlik. Skerpioene vaar altyd die beste as hulle op die langtermyn fokus.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die hoek wat die son en Jupiter vorm aktiveer jou uitspattigheid en kry jou baasspelerige, veglustige kant aan die gang. Jy sal waarskynlik meer belowe as wat jy kan doen.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Kreatiwiteit en kommunikasie is tans gonswoorde. As jy linkerbrein-logika en regterbrein-intuïsie kombineer, sal jy vandag verrassend suksesvol wees.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

As jy geldelike probleme het, kan jy nie verwag dat ander intree en jou daaruit red nie. Dink aan kreatiewe maniere om jou uitgawes te beperk en jou kontantvloei te verbeter.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jou verhouding met gesinslede en kollegas sal vandag ingewikkeld wees. As jou houding positief bly en jy proaktief is om oplossings vir probleme te vind, sal sake reg uitwerk.