JOU DAG

Die sterre verhoog vandag die neiging om jaloers of besitlik te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende jaar is die volmaakte tyd om opwindende uitdagings aan te pak wat jy nog nooit tevore beproef het nie. Januarie en Februarie is uitmuntende maande vir liefde en romanse.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Verhoudings gaan moeilik wees, maar jy sal deur worstel as jy geduldig is. Verbonde Ramme, moenie toelaat dat julle betrek word by kleinsielige kragspeletjies nie. Soek jy liefde? Wees proaktief in die soeke na jou sielsmaat.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Gesinslede of kollegas het twee gedagtes jeens jou, dus kan jy ’n paar intense oomblikke verwag. Jy soek kalm bestendigheid, maar dit bestaan bloot nie vandag nie.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou emosies is in ’n toestand van veranderlikheid, dus moet jy nie belangrike besluite neem oor geldsake nie. Dit is eerder tyd dat jy eksperimenteer en jou vriendekring uitbrei sodat jy kreatiewe, nuwe mense kan insluit.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit kan voel asof jy vandag in verskillende rigtings getrek word, aangesien loopbaanchaos, verhoudingsprobleme of persoonlike dramas jou energie tap. Vertraag die pas en weerstaan die drang om humeurig te wees en terug te kap.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy gaan vandag deur alle denkbare emosies van A tot Z, dus kan jy verwag om verskeie kere van gedagte te verander. Moenie belangrike besluite neem nie – en moet ook nie ander mense toelaat om dit namens jou te doen nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy het vandag geldsake op die brein terwyl jy wipplank ry tussen ’n gevoel van pessimisme oor jou finansiële toekoms die een oomblik en stille sekerheid die volgende oomblik. Die ware prentjie lê iewers tussenin.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

As jy vandag probleme systap, sal dit uit jou hande geneem word en ander mense sal op die ou end besluite neem namens jou. Veral wat werksake en/of gesinskwessies betref.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie toegee aan skielike dwingende noodsaaklikhede waarby jy op die lange duur glad nie gaan baat vind nie. Wees eerlik met jouself, anders gaan jy die enigste mens wees wat jou pogings vandag saboteer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Sorg dat jy nie vandag ingetrek word by ’n stryery oor geld of besittings nie. Stort liewer jou energie in die hersiening of hernuwing van ’n werkprojek wat dringend bygewerk moet word.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wat jy ook al vandag kwytraak, kan op die teenoorgestelde manier opgeneem word. Dit kan tot konfrontasie met ’n geliefde lei. Dink dus mooi voor jy – onbewustelik – ander mense die harnas injaag.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Jy is in die bui om ’n paar mense kwaad te maak, aangesien jou rustelose gees op soek is na pret, opwinding en vermaak. Jy moet egter versigtig wees oor wie jy teiken. Sommige mense kan nie so maklik vermaak word nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Met Saturnus in jou werksone, gaan die pad vorentoe met klippe besaai wees en daar gaan talle afdraaipaaie oral langs die pad wees. Dis tyd dat loopbaangerigte Visse die uitdaging met behae aanvaar.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.