pisces-hg-w

JOU DAG

AS JY VANDAG VERJAAR

Streef daarna om vandag versigtig en kreatief te kommunikeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongelooflik veelsydig en het ’n groot verskeidenheid talente. Jy moet in die komende 12 maande vriende en familie by jou kreatiewe planne en projekte betrek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Voel jy toenemend onder druk? Dis tyd om die middeweg te bewandel, terwyl jy poog om die verhouding reg te kry tussen eise van die werk en verantwoordelikheid teenoor verhoudings. Balans is die wagwoord.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die magtige Mars is op reis deur jou aardse sterreteken; dus is dit ’n fantastiese tyd vir kook, tuinmaak, kunshandwerk of om selfdoentake by die huis aan te pak. Doen ook moeite om kort en bondig te kommunikeer.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Ander mense gaan hulle vandag vervies as jy net praat en niks doen nie. Bespreek gerus jou planne breedvoerig. Maar dan moedig die planete jou ook aan om skouer aan die wiel te sit en jou planne uit te voer, pleks van net daaroor te droom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy kan verwag dat ’n verhouding by die werk ietwat deurmekaar kan raak, terwyl Venus wat agteruitbeweeg jou laat wonder wat op aarde aangaan! ’n Knippie – of twee – geduld sal jou help om daar deur te ploeter.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die produktiewe Mars in die Bul help jou werkprojekte vinnig afhandel en ander met jou professionele persoonlikheid te beïndruk. Hou egter ’n persoonlike projek geheim tot dit baie meer tasbaar is.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Het iemand jou onregverdig gekritiseer? Moet jou nie bekommer en behep raak nie, Maagd. Verdra dit moedig en sit dan skouer aan die wiel en gaan aan met die werk. Daar is baie te doen!

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou heerser, Venus, is in terugkerende modus; dus is trooskos tans gevaarlik. Probeer ’n bietjie selfbeheersing aan die dag lê. Bederf en koester jouself op ander maniere – geniet ’n ontspannende masseersessie of ’n skoonheidsbehandeling.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy weet wat jy wil doen, maar dit beteken nie noodwendig jy gaan dit doen nie! Misterieuse motiverings spoor jou vandag aan; dus moet jy na jou intuïsie luister en probeer om op die pad te bly wat jy gekies het.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Kwessies ten opsigte van verhoudings kan opgelos word solank jy die kommunikasiekanale oophou. Wat ’n kind of vriend(in) betref, gaan dalk van jou verwag word om oor en oor na iets te luister.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Vandag is dit ’n stryd tussen jou kop en jou hart, Steenbok, terwyl jy deur teenstrydige inligting sif. Venus beweeg steeds agteruit; dus moet jy ’n ingewikkelde gesinsverhouding ekstra versigtig benader.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers is vir niks so lief soos vir ’n lewendige en wisselvallige debat nie. Met Mercurius, Uranus en die teruggaande Venus wat almal jou kommunikasiesone besoek, is jy selfs meer omstrede as gewoonlik!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

As jy vandag kreatief, nuuskierig, samewerkend en vriendelik is, sal jy die beste uit die dag haal. Die dag gaan beslis nie verloop soos jy beplan of verwag het nie; wees dus so aanpasbaar moontlik.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017