JOU DAG

Uranus krap dinge deurmekaar, dus moet jy die onverwagte te wagte wees!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet oor die volgende 12 maande genoeg durf aan die dag lê om ’n groot geloofsprong te waag. Maar jy moet die ou emosionele bagasie los voor dit jou neertrek.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Uranus bring jou rustelose Ram-sy in beroering aangesien jy ander mense verras met ’n onvoorspelbare skuif wat van die linkerkant af kom. Jy is gretig om pret te hê, maar moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie vandag alte veilig en verstandig wees nie, Bul. Dit is ’n fantastiese dag om jou oor te gee aan heerlike dagdromery terwyl jy jou verbeelding vrye teuels gee. Ongewone kreatiewe projekte word ook bevoordeel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jou aangebore nuuskierigheid en veelsydigheid word aangevuur om jou brein vandag behoorlik gestimuleer te hou, Tweeling. Jy sal ook ’n bietjie sprankel in jou dag sit as jy weer op die hoogte kom met ’n kreatiewe of boheemse vriend/in.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Onderbrekings of onvoorspelbare buie kan vandag jou vooruitgang strem, Soek jy ’n nuwe werk? Stel jouself bekend as iemand wat regtig uitstaan in die menigte. Ware Kreef-selfvertroue is die sleutel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus voel rusteloos! Dit is dus ’n fantastiese dag om uit jou gewone roetine te spring en ’n grootse avontuur aan te pak. Of reis net in jou gedagtes terwyl jy inskakel by buitelandse vriende daar ver.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Bekommer jy jou oor geldsake? Soek innoverende maniere om jou bankbalans en kontantvloei ’n hupstoot te gee, maar vriende en geldsake is ’n gekompliseerde kombinasie; dus moet jy die twee apart hou.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die son en Uranus aktiveer jou avontuursone, dus word reis bevoordeel. Dit is ook ’n fantastiese tyd om in aanraking te kom met internasionale vriende. Maar ’n geliefde kan jou dalk verrassende nuus meedeel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Skerpioen is ’n vaste teken, dus kan jy ongelooflik hardkoppig wees. Jy gaan vandag vind dat ’n proaktiewer en buigbaarder beoordeling die beste resultate bring – veral wat ’n intieme of hegte verhouding betref.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy hou van jou onafhanklikheid, maar moenie altyd alles alleen wil doen nie; bespreek jou toekomsdrome met geliefdes en eendersdenkende vriende. Jy het ’n talent om ander mense te inspireer. Gebruik dit.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dit gaan moeilik wees om alle beperkings wat op jou geplaas word, baas te raak, dus gaan verhoudings – veral by die werk – moeilik wees. Hoe hardkoppiger jy is, hoe moeiliker gaan die dag wees.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Uranus stimuleer vandag jou nuuskierigheid sowel as jou krullerige sy – so, laat die sirkus begin! Jy is gretig om met ander mense te kommunikeer terwyl jy skinder dat die stof so staan, meng en rondgaan, praat, selfoonboodskappe stuur, twiet en boodskappe op die internet plaas.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Fokus op huishoudelike aangeleenthede en stel die feng shui tuis noukeurig in. Loer ook na jou huidige finansiële situasie, maar weerstaan die drang om impulsief met kontant en roekeloos met krediet om te gaan.