JOU DAG

Trap vandag versigtig, want daar is plofbare energie in die omgewing.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jupiter, die planeet van welvaart, spring in die komende jaar deur jou geldsone, dus moet jy seker maak jy slaan munt uit geleenthede vir geluk wat oor jou pad kom.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Skerp woorde of skielike reaksies, veral tuis, by die werk of terwyl jy op reis is, kan jou vandag in die pekel laat beland. Raak dus kalm en koel af, Ram, voordat jy ontplof!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy dink dalk jy weet hoe ’n geliefde voel, maar om gevolgtrekkings te maak sonder om eers seker te maak van die feite, is vandag ’n resep vir moeilikheid, Bul. Gebruik tyd om alles ernstig te bespreek.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

’n Geliefde kan vandag probeer om jou emosionele knoppies te druk, maar moenie terugkap met haastige woorde of kwetsende aanmerkings nie. Jy het nie beheer oor dit wat ander mense kwytraak nie, maar jy het wel beheer oor jou reaksies!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Verhouding met ’n familielid of buurmens kan opvlam wanneer verantwoordelikhede belangriker word as pret. As julle die kommunikasiekanale oophou, sal dié stormpie gou oorwaai.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Katte is in die luim om oorhaastig te wees. Dit lyk dalk asof ’n vinnige besluit ’n goeie idee is, maar dit kan jou in ’n klomp warm water laat beland. Impulsiewe optrede kan ook tot ’n ongeluk lei, dus moet jy jou pas markeer.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Foutvindery met ander mense gaan nie vandag vir jou enige vriende wen of gunste bring nie, Maagd. Gesinslede is besonder liggeraak, dus moet jy geen kritiek aanbied nie – dit maak nie saak hoe opbouend dit is nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou stylvolle Weegskaal-onderhandelingsvaardighede kan vandag nodig wees, aangesien geliefdes hulle aan familievetes oorgee of intieme vriende in ’n onsinnige gekibbel verval. ’n Tikkie diplomasie sal jou deurhelp!

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Sorg dat jy nie vandag ingetrek word by ’n stryery of misverstande oor geld nie, Skerpioen. Stel ook kreatiewe projekte uit tot ander dag, aangesien dit moeilik gaan wees om in voeling te kom met die kunssinnige muse in jou binneste.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy hardloop vandag oral rond, dus moet jy ’n deurmekaar dag verwag. Maar kry jy in werklikheid enigiets uitgerig? As jy jou pas markeer en dinge in die volgorde van belangrikheid aanpak – gaan jy aansienlik meer uitgerig kry.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Teken ’n bietjie alleentyd vir peins, rus en herstel op jou besige rooster aan. Jy is meer geneig om onnadenkende en sorgelose foute te maak as jy op stuuroutomaat rondhardloop.

WATERDRAER, 21 Jan.19 Feb.

Die planete krap jou emosies deurmekaar, dus is daar prikkelende en wisselende energie in die omtrek. As jy nie stadiger oor die klippe gaan nie, kan jy dalk dinge uitlap wat jy later gaan berou. Markeer dus die pas, Waterdraer.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Skuif vandag jou eie kwessies op die lange baan, Vis. Dit verrig wondere as jy ander mense eerste plaas terwyl jy aandag gee aan die behoeftes van gesinslede en vriende. Verwag egter ’n klompie vurige woorde langs die pad.

© Joanne Madeline Moore