JOU DAG

Vandag se sterre is gunstig vir navorsing en slim kommunikasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ongelooflik sjarmant, maar kan ook veeleisend en krities wees. Die volgende 12 maande is die tyd om groot toekomsdrome te hê.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme hou van ’n vinnige lewe en om dinge spontaan en met oorgawe te doen. Maar vandag sal dit die beste wees om meer subtiel en strategies te wees. Deurdink sake behoorlik voor jy optree.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Het jy nie woorde nie? Bestee tyd saam met ’n geliefde. Jy ondersoek die verhouding en probeer vind nuwe maniere om die kommunikasie weer aan die gang te kry.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Mercurius, jou heersende planeet, sluit by Saturnus aan. Span dus jou verstand in om ’n probleem op te los of ’n ingewikkelde misterie bloot te lê. Die omstandighede is goed vir alle soorte opleiding en studie.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Moenie aanvaar ’n probleem by die werk of drama tuis is hoe dit lyk nie. Staan tyd af om heelwat dieper te kyk – daar is baie meer aan die gang.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Dis tyd om die eenvoudige plesiertjies in die lewe te geniet – of dit nou ’n soentjie van ’n kind, ’n rustige bad of ’n wandeling in die park is. Laat alles wat nie belangrik is nie gaan en fokus op wat regtig vir jou belangrik is.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Moenie jou bekommer oor dinge wat jy nie kan beheer nie. Wees proaktief oor projekte waar jy die uitkoms kan beïnvloed. Die volgende 12 maande is dit tyd om ’n ontspanningsmetode te vind wat jou pas.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Saturnus sluit by Mercurius in jou teken aan en dit vergroot jou konsentrasie en jy kyk fyner vir verborge besonderhede. Dis ’n goeie dag om te studeer, ’n geheim te ontrafel of ’n verlore item te vind.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dink jy baie oor geldsake? Het jy kontantvloeiprobleme? Verkort jou inkopielys sodat jy daarop kan fokus om praktiese noodsaaklikhede eerder as duur, onbelangrike items te koop.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters kan dit moeilik vind om op take te konsentreer. Vandag help Saturnus en Mercurius om jou gedagtes te stabiliseer en jy is weer op die regte spoor. Moenie die kans laat verbygaan om sake af te handel nie.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Is daar te veel mense in jou lewe wat bevele gee en te min wat dit uitvoer? Jy hou daarvan om die besluite te neem, maar samewerking en kompromieë is vandag belangrik vir suksesvolle kommunikasie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Die toekoms hang af van die doelwitte wat jy nou vir jou stel. Met Saturnus se huidige ligging moet jou aspirasies ambisieus, maar ook prakties wees. Harde werk en selfvertroue sal jou kry waar jy wil wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Met Saturnus wat deur jou loopbaansone beweeg, lyk die pad vorentoe klipperig en daar sal ompaaie wees. Dis tyd vir avontuurlustige Visse om die uitdaging met genot te aanvaar.