JOU DAG
Die sterre lyk gunstig om iets uit ’n vars oogpunt te beskou.

AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is verbeeldingryk en avontuurlik en benader die lewe met groot geesdrif. Leer om rustig te wees, anders kan jy moontlik uitbrand.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Vandag word kreatiwiteit en geleerdheid beklemtoon wanneer jy jou kunssinnige sy uitdruk of ’n inspirasie-oomblik beleef. Wat verhoudings en die sosiale media betref, sal dinge nie vervelig wees nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei
Moenie vandag in ’n vervelige ou groef vasval nie; dit maak nie saak hoe ontspanne en gemaklik dit voel nie. Die skitterende planetêre patrone moedig jou aan om jou gewone daaglikse roetine wakker te skud.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Wat kommunikasie betref – persoonlik en aanlyn – sal jou boodskap ’n beter ontvangs kry as jy goed ingelig en skerp is. Die sosiale media is vandag jou sterk punt.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Besige Krewe doen vandag verskillende goed gelyktydig, maar kry julle enigiets gedaan? Dinge is vloeibaar wat geldsake of gedeelde hulpbronne betref.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Jy gaan vandag gou verveeld raak met jou gewone daaglikse roetine. Jy is in die bui vir vars ondervindings en uitlokkende gesprekke terwyl jy saam met ’n stimulerende groep mense kuier.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Beproefde metodes gaan nie vandag so lekker werk nie. Jy moet ’n hardnekkige probleem met ’n vars benadering bejeën. Dan eers sal jy die raaisel eindelik ontrafel en sukses smaak.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Verhoudings sal vandag lewendig wees, aangesien die mense om jou daarvan hou om verskillende menings te bespreek. Kalm samewerking vlieg by die venster uit. Bly op jou tone.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.
Wanneer jy die aanleer van iets nuuts kombineer met die luister na die stemmetjie in jou binneste, sal jy vandag ’n paar doele skop. Kennis is mag en jou intuïsie word aangevuur.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Fantastiese Mercurius/Jupiter-aspekte bevoordeel opvoeding, reis en sosiale netwerkvorming terwyl jy in aanraking kom met vriende in verre lande. Wie weet waarheen jou internasionale kontakte eindelik kan lei?

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Jy’s in die luim vir kommunikasie. Dis voordelig om kontak te maak met kollegas, kliënte of klante. Maak net doodseker jy is op die hoogte van die jongste nuus en veranderende neigings.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Avontuurlike Waterdraer, jy sal gek raak as jy heeldag binnenshuis vasgekeer is. Die planete aktiveer jou rustelose sy, dus is dit tyd dat jy reis, studeer, aan sport deelneem of na die groot, oop ruimtes ontsnap.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Veranderings broei op die tuisfront en dit kan tot meer persoonlike vryheid lei. Jy voel ongewoon rusteloos, maar maak seker jy maak onvoltooide dinge klaar voor jy iets nuuts aanpak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017