JOU DAG

Die Volmaan is in die sone van die oorywerige Tweeling. Daarom kan jy 24 uur van hoë vlakke van energie verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Maak jou gereed vir ’n dramatiese jaar wanneer jy die kans gaan kry om ’n ambisieuse projek tot ’n suksesvolle einde te bring. Moenie die geleentheid verspeel nie.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die Volmaan laai jou kommunikasie- en buurtsone. Daarom is jy gretig om ’n verbintenis te maak in jou plaaslike gemeenskap. Moet egter nie dinge uitlap wat ander mense onkant vang nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie op ’n inkopietog gaan, eiendom koop of geld aan ander mense leen nie. Jy is geneig om besluite te neem wat suiwer op jou emosies wat gedurig wissel in die strale van die Volmaan gebaseer is.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Baie Tweelinge gaan fantasties voel, want die Volmaan stimuleer jul teken. Streef daarna om die balans reg te kry tussen individuele projekte en die deel van aktiwiteite met ander mense. Jy is ook gretig om iets nuuts te leer.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Volmaan se energie inspireer julle vandag om op misterieuse en geheimsinnige maniere op te tree. Kwessies uit die verlede mag ook opduik terwyl jy oor ’n ou verhouding mymer of ’n onopgeloste saak aanpak.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Volmaan laai jou eksentrieke sone. Die mense om jou kan dus uitsien na amusante fratse van kreatiewe Katte. Pasop egter dat jy nie ’n kind of intieme vriend/in ontstel nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die Volmaan vuur jou loopbaansone aan. Jy kan dus – met ekstra Maagde-fut en -intensiteit – met passie en doelgerigtheid deur jou projekte stoom. Moet egter nie jou geliefdes in die proses afskeep nie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Maak jou gereed vir Volmaanmalligheid aangesien mallerige maan-energie jou planne vandag omvergooi. Hoekom nie jou vorige planne verruil vir meer kreatiweiteit en spontaneïteit nie?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Volmaan beklemtoon die hulpbronne wat jy met ander mense deel. Of dit nou geld, eiendom of intimiteit is: gesamentlike pogings moet fyn bekyk en versigtig heroorweeg word.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Wat jy wil hê en wat jou maat nodig het mag vandag twee verskillende dinge beteken. Dis tyd om te praat. Enkellopendes wees op die uitkyk vir ’n kitskonneksie met ’n Tweeling of ’n avontuurlike Waterdraer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke hou daarvan as dinge so doeltreffend en glad as moontlik verloop. Maar daar is vandag onvoorspelbare Volmaan-energie in die lug. Los dus jou volmaak beplande skedule en neem dinge soos hulle kom.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou fantastiese brein werk vandag volstoom, Waterdraer. Die Volmaan vuur jou natuurlike nuuskierigheid aan en dit help jou om vernuwende idees en hope stimulerende gesprekke op te bou.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die Volmaan besoek jou tuissone. Vertroetel dus jou geliefdes met ekstra sorg en liefde. Dit is ook die ideale tyd om skoon te maak en op te ruim, terwyl jy werk en selfdoentake om die huis aanpak.

© Joanne Madeline Moore