JOU DAG

Vandag se sterre skep die perfekte toestande vir nuwerwetse idees en innoverende denke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou nie daarvan as ander mense vir jou sê wat om te doen nie! Poog om meer diplomaties te wees in die komende jaar. Samewerking en kompromie sal jou baie verder bring as heerssugtige gedrag.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dit gaan moontlik moeilik wees om jou goedbedoelde beloftes na te kom. Die maan opponeer die rustelose Uranus, dus moet jy jou planne buigbaar hou – en moenie beloftes maak waarby jy nie kan hou nie.

BUL, 21 Apr,-21 Mei

Hoe meer proaktief en uitgesproke jy is oor 'n huidige verhoudingsaangeleentheid, hoe geringer gaan die probleem wees. Dit sal help as jy die innerlike selfvertroue het om aan ’n geliefde te sê presies hoe jy voel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer energie jy gebruik om jou kennisbasis uit te brei, hoe meer sal jy beloon word. Moet egter nie alles glo wat 'n kind, ’n tiener of ’n intieme vriend jou vandag vertel nie, Tweeling.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe – is jou loopbaan in 'n groef? Het jy ’n nuwe benadering nodig ten opsigte van die werk? Om die muwwe ou energie te verskuif en vars idees aan die gang te kry, kan tot 'n opwindende nuwe werksgeleentheid lei.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die lewenslustige Venus beweeg in jou teken in, dus voel jy hoe die Leeu se brul terugkeer! Die sterre bevoordeel passie en proaktiwiteit, maar – as jy kommunikasie aanjaag – kan jy in die warm water beland.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Vermy vandag onbetroubare mense met troebel planne, Maagd – veral wat geldsake betref. Kry eers die feite agtermekaar en besigtig hulle sorgvuldig. Dan kan jy die moed aan die dag lê om jou natuurlike instinkte te volg.

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Moenie verwag verhoudings gaan seepglad verloop nie … daar gaan die een of ander soort verwarring tuis of by die werk wees. As jy buigbaar eis en vinnig reageer, sal dinge gou weer eksie-perfeksie wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie geestelik in ’n groef verval nie, Skerpioen. Skakel in by die wysheid wat jou omring, veral van mense wat ouer is en meer ondervinding het as jy. Jy kan altyd iets nuuts leer!

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters kan selfsugtige siele wees, maar vandag val die fokus op diegene om jou – veral kinders of vriende. Jy is in die luim om te help om 'n verskil te maak in die lewens van ander mense.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Geliefdes en kollegas gaan nie vandag op voorspelbare maniere optree nie, dus hoef jy nie eens te probeer om hul optrede vooruit te loop nie. Al wat jy kan doen, is om ’n gefokusde Steenbok te bly … en gereed te wees vir verandering.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Menige Waterdraer gaan vandag iesegrimmig voel. Moenie toelaat dat jou rusteloosheid jou in 'n heeltemal onvanpaste rigting lei nie. Jy smag na verandering, maar moet nou ook nie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Moenie vandag onbesonne met geld en roekeloos met krediet wees nie, anders gaan jy moontlik om pure emosionele redes onnodige goed koop. Dit wat vandag in die kol is, lyk miskien môre nie meer so goed nie.