JOU DAG

Dink vandag aan maniere waarop jy meer onafhanklik en vindingryk kan wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is lief vir werk en dol oor sukses. 2016 is die jaar om meer betrokke te raak by jou internasionale vriende, plus: formuleer en volg jou doelwitte en drome vir die toekoms.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het ambisieuse doelwitte terwyl jy jou op ’n onbekende terrein begewe. ’n Vennoot, kollega of geliefde het ’n idee wat jou kan help om jou drome te verwesenlik.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die silwer maan beweeg deur jou reputasiesone; dus gaan jy vandag op die een of ander manier in die openbare kollig wees. Maar moenie verwag dat almal gaan hou daarvan wat jy doen nie, Bul!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy voel optimisties oor toekomsmoontlikhede, maar moenie oorhaastig raak nie! Doen jou huiswerk en wees voorbereid, sodat – as ’n gelukskoot opduik – jy gereed is om dit aan te gryp!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Krewe, moenie halfgebakte gevolgtrekkings najaag nie – veral as daar geldsake betrokke is. Wees geduldig. Gebruik ook jou tyd om verder as die uiterlike te kyk, en deurdink dinge behoorlik.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Uranus aktiveer jou avontuursone; daarom wil jy graag binnekort iewers heen reis, verkieslik saam met familie of vriende. Of gaan reis in jou gedagtes deur te lees of flieks te kyk.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met duidelike kommunikasie en ’n proaktiewe benadering sal jy self verstom wees oor jou skeppende vermoëns ten opsigte van probleemoplossing. Mercurius beweeg steeds agteruit; wees dus geduldig.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Luilekker Weegskaal, wees meer proaktief wat die koestering en uitbreiding van jou vriendekring betref. En wees meer onderskeidend deur jou boesemvriende naby jou te hou en mooiweersvriende die rug toe te keer.

SKERPOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Om ’n hardkoppige Skerpioen te wees gaan jou vandag niks in die sak bring nie, veral nie met jou gesinslede nie. Die stand van sake verander in ’n oogwink en jy moet passievol proaktief bly, so nie gaan jy agterbly.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die maan staan vandag in verband met Uranus, wat op sy beurt jou Boogskutter-rusteloosheid laat toeneem . . . en ook jou geneigdheid om haastige, halfgebakte besluite te neem; pas dus jou tempo aan en moenie oorhaastig wees nie.

BOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy aanhou doen wat jy doen, gaan jy aanhou kry wat jy kry! Wat ’n verbrokkelde gesinsverhouding betref, moenie huiwer om ’n radikale nuwe benadering te beproef nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Waterdraers in ’n verhouding, streef na die regte balans tussen toegewyde samesyn en kragdadige onafhanklikheid. Sat vir alleen wees? Soek ’n avontuurlustige minnaar/minnares wat ook ’n goeie maat sal wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die maan beweeg deur jou afsonderingsone; dus moet jy vandag mik na ’n bietjie vrede en stilte. Bring tyd deur op ’n spesiale plekkie waar jy jou toekoms kan beplan en na binne kan kyk.