Dit is wat jou sterre vir vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Die sterre is bevorderlik vir kalm, kreatiewe oordenking. Ontspan dus en laat Gods water oor Gods akker loop.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy hou daarvan om verdienstelike maatskaplike sake te steun, maar moenie jou familie en vriende afskeep nie. Jy moet die volgende 12 maande eksperimenteer en verken.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy het hard gewerk – en gespeel – maar draai nou rem aan en neem vandag ’n welverdiende ruspose. ’n Ontspannende masseersessie of vertroetelende skoonheidsbehandeling kan nommerpas wees.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Die krag van die groep is vandag aan jou kant, Bul, terwyl jy gesels en saamwerk, meng en rondgaan. Wat ’n probleem met ’n vriend(in) betref, laat jou intuïsie jou die regte rigting aandui.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Is ander bewus van die werk wat jy agter die skerms doen? Jou pogings sal later wel raakgesien word; dus moet jy nie teleurgesteld voel as mense nie dadelik hul waardering toon nie.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

As jy tyd inruim om na die stemmetjie in jou binneste te luister, sal jy dit makliker vind om jouself op ’n voordelige manier te laat geld. Hoe meer sensitief jy is wanneer jy met ander mense te doen het, hoe beter sal die dag verloop.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Neem vandag die suur saam met die soet. Jou loopbaan verloop nie volgens jou vooropgesette plan nie, maar dis nie noodwendig sleg nie. Hou aan om ander te inspireer met jou slim en kreatiewe benadering.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mercurius, jou heersende planeet, sluit vandag by Neptunus aan. As jy dus met die mense om jou kommunikeer, is dit tyd om sensitief pleks van verstandig te wees, en meelewend pleks van krities.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Vandag se gunstige sterrepatroon laat val die kollig op jou goedhartige, kreatiewe en meelewende sy. Dit is dus die perfekte dag om met jou innerlike muse in aanraking te kom of om die rol van die barmhartige Samaritaan te speel vir dié om jou.

SKERPIOEN, 24 Okt.- 22 Nov.

Verwag ’n besige dag, wanneer jy meermale met uiteenlopende mense skakel. Jy sal ook waardevolle insig kry in die gedagtes en motiewe van ander, by die werk sowel as tuis.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Boogskutters is onafhanklike siele en hulle werk gewoonlik die beste wanneer hulle hul eie gang kan gaan. ’n Benadering van samewerking en simpatie sal jou vandag vinniger, verder bring.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Versigtige Steenbokke kan maklik in ’n gemaklike, gerieflike groef verval. Vandag se kreatiewe en buigbare sterrepatrone moedig jou aan om jou aanpasbaarheidspiere te oefen voor hulle wegkwyn.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jou houding met geld sal in die volgende paar jaar ’n subtiele verandering ondergaan. As jy ’n geldprobleem ervaar, sal ’n logiese en kreatiewe benadering jou ’n oplossing help vind.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Belê energie en hope verbeelding in jou persoonlike planne, maar moet jou nie bekommer as die fynere puntjies nog nie duidelik is nie. Wees geduldig! Jy sal sien hoe alles in die volgende paar weke openbaargemaak word.