Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

As jy dink voor jy praat, gaan vandag vol positiewe vriendskap en kameraadskap wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy beskik oor ’n natuurlike sjarme wat mense na jou aanlok. Hoe meer onbestendig jy is, hoe meer onvoorspelbaar gaan die volgende jaar wees. Kies ’n vaste rigting en hou daarby.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Voel jy die afgelope tyd in ’n effense groef vasgevang? Die huidige planetêre patrone moedig jou aan om buite jou gewone grense te reik en vir die sterre te mik. Avontuur wag op jou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met Venus wat jou vriendskapsone besoek, gaan dit nou makliker raak om probleme met verhoudings uit te pluis. Veral as jy jou gevoelens aanpas en bereid is om toegewings te maak.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Wat kommunikasie betref is jy nou skerpsinnig. Pasop egter dat jy nie kommentaar lewer waaroor jy later kan spyt wees nie. Breinaktiwiteite loop hoog; streef daarna om ’n kreatiewe Tweeling te wees.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Tans is dit ’n delikate balanseertoertjie tussen verwagtings, familieverantwoordelikhede en die behoeftes van jou lewensmaat. As jy op soek is na liefde, raak proaktief en gooi jou net wyd uit.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Mercurius en Jupiter span saam in jou buurtsone. Die tyd is volmaak om met ’n vriend wat naby jou bly, kontak te maak, of om bande te smee met enersdenkende kennisse in jou plaaslike gemeenskap.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Sake, finansies en vriendskappe lyk gunstig, aangesien die planete jou selfvertroue verhoog. Moet egter nie die sukses bederf deur ongewoon impulsief te wees nie. Neem jou tyd om dinge goed te deurdink.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is gereeld geneig om duur artikels te koop wat jy nie werklik nodig het nie. Hopelik sal jy vandag – met die hulp van die praktiese Saturnus – by jou verstandige Weegskaal-sy inskakel en jou beursie toehou.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Misterie is vandag oorvloedig, maar maak seker jy kan onderskei tussen feite en fantasie. Kreatiewe kommunikasie sal jou ver bring terwyl jy jou verbeelding gebruik en met nuwe idees eksperimenteer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou brein loop vandag op al sy silinders; hou hom op interessante en inspirerende maniere aan die gang. Moenie toelaat dat enigiemand jou ompraat om iets te koop wat jy nie regtig nodig het nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy gaan rusteloos voel by die werk, probeer dus om dinge buite jou gewone roetine te doen. Hoe meer innoverend en avontuurlik jy raak, hoe beter gaan jou dag wees. Jou huislike lewe bly onvoorspelbaar.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Opvoeding en internasionale kontakte word bevoordeel. Voel jy ietwat rusteloos? Mercurius en Jupiter moedig jou aan om ’n avontuurlike wegbreek vir die nabye toekoms te beplan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Groepaktiwiteite gaan vandag kragtig en positief wees, met Mars wat jou gees en energievlakke aanspoor. Visse in romantiese verhoudings: wees geduldig met jou maat. Enkellopendes: liefde en reis word met mekaar verbind.

© Joanne Madeline Moore