JOU DAG

Die Waterdraer-Maan bevoordeel vandag onafhanklikheid en vernuwing. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is baie gesellig en praterig vir ’n Kreef. Die jaar wat voorlê, is die tyd om abstrakte idees met aardse werklikheid te balanseer.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Vandag se sterre vuur jou reeds vurige geesdrif aan. Jou huidige motto kom van die skrywer Emile Zola, ’n mede-Ram: “As jy my vra waarvoor ek in hierdie lewe ingekom het, sal ek jou sê: Ek het gekom om hardop te lewe.”

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Ruim tyd in om werklik te luister wat ’n kollega te sê het. Jy sal ’n huidige situasie skielik uit ’n heeltemal vars oogpunt beskou. Daar is heelwat meer moontlikhede as wat jy aanvanklik gedink het.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer pret jy in ’n verhouding het, hoe beter gaan die dag wees. Soek ekstra maniere waarop jy meer pizazz by jou lewe kan voeg, of dit nou deur middel van ’n uitdagende nuwe stokperdjie is of ’n opwindende reis wat jy gaan aanpak. 

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Jy sal ’n familielid of ’n vriend(in) wat in die moeilikheid is, kan help as jy op jou voorgevoel reageer. ’n Tikkie Kreefagtige meelewing of leiding kan dalk net wees wat die dokter voorgeskryf het!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag wentel alles om die liefde en romanse, want die planete maak pragtige musiek in jou vennootskapsone. Wees skeppend en avontuurlustig as jy enkellopend is! Ware liefde wag waar jy dit die minste verwag.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die klem val op geld, sake en/of werk, terwyl jy maniere bedink om doeltreffend en invloedryk te wees. Jy het baie hooi op jou vurk, maar jy hoef nie noodwendig harder te werk nie . . . net slimmer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die vrolike Jupiter spring steeds deur die Weegskaal; dus kom jou leuse vir die oomblik van die aktrise Doris Day: “Ek hou van vreugde; ek wil plesierig wees . . . ek hou daarvan om gelukkig te wees. Ek wil ander mense gelukkig maak.”

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is gretig om voort te stoom met ’n gemeenskapspoging of ’n spesiale gesinsprojek. Maak egter seker jy beskou dit uit uiteenlopende hoeke aangesien ’n paar avontuurlike verstellings nodig is.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Energie en geesdrif is vandag aan die brand, Boogskutter. Jy moet dus seker maak dat jy jou talente goed aanwend. Die sosiale media, netwerkvorming, kreatiewe en selfdoenprojekte word veral bevoordeel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die gelukkige Jupiter seën professionele of vrywillige projekte en jy sal agterkom hoe meer jy jou onderhandelingsvaardighede gebruik, hoe meer sukses sal jy behaal. Moet egter nie toelaat dat heimlike selfvertwyfeling jou strem nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Saturnus verlangsaam die pas; dus sal dit lyk asof jou verwagtings, drome en versugtings ver weg is. Kyk met hope passie, energie en geesdrif na die toekoms.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n goeie dag om geselligheid met ’n bietjie welverdiende rus en ontspanning te balanseer. Jy kort tyd vir stille nadenke, waar jy kan nadink oor waarheen jy op pad is – en waar jy al was.

Joanne Madeline Moore 2017