aries-hg-w

JOU DAG

Die volmaan versnel reaksies en verhoog emosies.

AS JY VANDAG VERJAAR

Vanjaar is die jaar waarin jy die balans moet regkry tussen fantaseer oor die toekoms en leef in die hede. Dit is soms ’n goeie plan om te dink voor jy toeslaan.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jy voel nogal weerbarstig, aangesien die volmaan jou temperamentele sy aanvuur. Jy sal minder geneig wees om oproerig en veeleisend te wees wanneer jy jou met interessante projekte besig hou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Probeer jy om van sekere swak gewoontes ontslae te raak? Die volmaan aktiveer jou welsynsone en belig keuses ten opsigte van jou dieet of leefstyl wat moontlik jou gesondheid en lewenskrag kan ondermyn.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die volmaan gee jou onthaalsone ’n hupstoot; dis hoog tyd om gesellig te verkeer. Gaan doen inkopies, gaan fliek, woon ’n konsert by, besoek ’n klub of hou partytjie saam met vriende. Groepaktiwiteite lyk gunstig.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Julle is op jul sjarmantste beste en ontwrigtendste ergste, want die volmaan verhoog jul iesegrimmige sy. Probeer om die balans reg te kry tussen verpligtings by die werk en verantwoordelikhede teenoor jou gesin.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Verwag vandag die onverwagte wat kommunikasie, opleiding, die sosiale media of reis betref. As jy aanpasbaar is en met die stroom saamgaan, sal onderbrekings jou nie veel ontstel nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Die volmaan, Jupiter en Uranus werp almal tans ’n helder kollig op geldsake. Dis tyd om te fokus op jou begroting eerder as leen. En spaar eerder as om geld te bestee.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die volmaan is in jou teken, dus word jou waardering vir skoonheid, kuns, mode en musiek verhoog. Dis ’n goeie tyd om by ’n konsert, kunsuitstalling of iets wat jou inspireer, uit te kom.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in vir ’n deurmekaar tyd as jy te vaste gewoontes het, want die volmaan mors met jou gewone roetine. As jy meer vloeibaar en buigsaam is, sal die dag aansienlik verbeter.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jou vorige planne waai vandag by die venster uit, dus wag ’n klompie verrassende onderbrekings op jou. Probeer jou bes om die balans reg te kry tussen spontaan en voorbereid wees.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Die volmaan krap dinge vandag tuis en by die werk deurmekaar, dus moet jy jou voorberei op ’n bietjie opskudding. As jy in ’n groef verval het en verveeld is, gebruik dit as ’n geleentheid om vorentoe te beweeg.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Daar is ’n fyn lyn tussen roekelose gedrag, wat tot spyt kan lei en spontane optrede, wat tot sukses kan lei. Jy sal hopelik vandag in staat wees om op daardie lyn te loop.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die fokus is op begeerte en buitmakery, aangesien die volmaan onopgeloste kwessies na die oppervlak bring. ’n Intieme verhouding kan verbeter of hom te pletter val. Dit hang af van hoe verbonde jy is, emosioneel sowel as finansieel.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017