Wat jou sterre vandag voorspel met Joanne Moore

JOU DAG

Dis ’n wonderlike dag om ’n lastige probleem op te los.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en kreatief en sê graag hoe jy voel. Moenie ontmoedig word deur skynbare terugslae in die komende jaar nie – laat jou unieke talente skitter.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Dit sal nie vandag help om alles vinnig te probeer doen nie. Daar is geen plaasvervanger vir deeglike navorsing en aandag aan klein besonderhede nie. Jy is ekstra gefokus en handel projekte gou en met finesse af.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Jy is in die bui vir ernstige gesprekke en bespreek professionele en persoonlike uitdagings met iemand ouer en wyser as jy. ’n Gedeelde probleem is ’n gehalveerde probleem.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met magtige Pluto in Mercurius se gebied sal jy raakgesien word waar jy ook al gaan. Jy is gemotiveerd en selfversekerd. Benut die positiewe omstandighede ten volle.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Aanvaar verantwoordelikheid vir jou aandeel in die probleem as jy ’n moeilike tyd met ’n kind of tiener beleef. Jy is tans baie kreatief – luister na jou innerlike muse.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Jy is lus om vandag jou eie ding te doen en vry te wees van ekstra verantwoordelikhede en irriterende beperkings. Jou kommunikasiesone is geaktiveer en jy ruil stories met ander uit.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

’n Verstandige, gestruktureerde en versigtige benadering is die beste manier om vandag die positiewe ligging van die planete te benut. Moenie vergeet om pret te hê nie.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Die Weegskaal skitter helder met Venus wat tot 5 Desember in jou teken vertoef. Jy is lus om te sê hoe jy voel en ander sal fokus op wat jy te sê het.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die verbinding tussen Mercurius en Pluto gee jou ambisie ’n hupstoot. Jy kommunikeer met ekstra selfvertroue en sjarme. Dis ’n fantastiese dag om op kragdadige wyses positiewe veranderinge te maak.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Die ’n wonderlike dag om navorsing te doen. Jy is gefokus en vind ’n verduideliking vir ’n lastige probleem. Die omstandighede is ook goed om met kinders te speel en jy raak weer bewus van die kind in jou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Jy is vandag selfversekerd en Mercurius en Pluto help jou om ’n uitdaging baas te raak. Put inspirasie uit die woorde van die bekende sjef Julia Child: “Die enigste ware struikelblok is vrees vir mislukking.”

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Oppervlakkighede sal nie vandag werk nie. ’n Huidige probleem tuis of by die werk vereis ’n gefokusde benadering terwyl jy vasstel wat werklik aan die gang is.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Mercurius en Pluto moedig jou aan om sake te ondersoek en bestudeer voor jy jou goedkeuring gee. Wees proaktief wanneer jy uitdagings aanpak en projekte vinnig afhandel.