JOU DAG

Oop en duidelike kommunikasie is die geheim van ’n suksesvolle dag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n sterk intuïsie; maak seker jy gebruik dit. Jy moet die volgende 12 maande proaktiewer wees wat die instandhouding van vriendskappe betref – en meer empatie hê met die swakhede van ander mense.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy die eerste ding uitblaker wat in jou gedagtes opkom, sal dit net tot onnodige probleme lei. Jy moet dus iets doen wat jy nie gewoonlik doen nie, Ram: Deurdink dinge voor jy jou mond oopmaak!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus besoek op die oomblik jou teken; maak seker jy geniet pret saam met geliefdes en waardeer die steun wat hulle verskaf. Verwyl ook die tyd genotvol deur aan ’n persoonlike projek of gesamentlike kreatiewe onderneming te werk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is die waarheid dat Mercurius, jou heerser, tot 22 Mei in trurat is – maar moenie toelaat dat julle gefrustreer word nie, Tweelinge. Dit is die aangewese tyd om navorsing te doen, te oefen, te herlaai, te herskeduleer, weer te besoek en oor te laai.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Sommige soorte kommunikasie, soos sosiale media, sal verbeter onder die invloed van Jupiter. Mercurius is egter nog tot 22 Mei in trurat, dus moet jy seker maak en dubbel seker maak voor jy kommentaar aanlyn plaas.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Moet jou nie bekommer oor wat ander mense van jou dink nie. Hoe voel jy oor jouself? Die kombinasie van ware eiewaarde en innerlike vertroue is die geheim tot toekomstige sukses, persoonlik sowel as professioneel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jupiter, die welvaartsplaneet, besoek jou teken tot 9 September, dus moet jy opskud en die meeste haal uit die geluksgeleenthede wat in jou rigting beweeg. Reik uit en gryp hulle . . . geen verskonings nie, Maagd!

WEEGSKAAL, 24 Sept-23 Okt.

Jou sluimerende Weegskaal-liefde vir die misterieuse word aangewakker . . . of jy nou ’n speurverhaal lees, na ’n moordfliek kyk of self ’n geheim blootlê. Studie en navorsing is ook in die kollig.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hoe meer jy vriende koester en jou portuurgroep ondersteun, hoe meer liefde en bystand sal jy terugontvang. Groepsaktiwiteite en die gebruik van sosiale netwerke word ook vandag bevorder.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Met Jupiter wat vorentoe beweeg in jul reputasiesone, sal baie Boogskutters in die openbare kollig wees, of dit nou by die werk is of in jou vriendekring. Dit is jou tyd om te skitter; maak behoorlik gebruik van die geleentheid.

STEENBOK, 22 Des-20 Jan.

Nadenke sal jou vandag ver bring, terwyl jy ’n probleem op ’n grondige en kreatiewe manier ondersoek. As jy met ’n kind, ’n tiener of intieme vriend/in kommunikeer, sal jy dalk ou dinge moet ophaal.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Troebel gesinsverhoudinge het die potensiaal om op positiewe maniere verander te word, solank jy hulle net die energie en aandag gee wat hulle verdien. Jy moet egter geduldig wees, Waterdraer; dit gaan tyd kos.

VISSE, 20 Feb.-10 Mrt.

Jupiter spring vorentoe deur jou liefdesone, dus moet jy prettige maniere vind om jou intieme verhoudings te verbeter. Hoe vrygewiger en liefdevoller jy teenoor ander mense optree, hoe beter sal jou vennootskappe raak.