JOU DAG

Verwag vandag die onverwagte!

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan vasgevang word in ’n soort leefwyse wat jy dink die gemeenskap van jou verwag. 2017 is die jaar waarin jy dit moet doen wat jy graag wil. Neem jou geliefdes saam op die reis.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Weerstaan die drang om ’n roekelose Ram te wees, want anders kan jy van die wal af in die sloot beland. Woorde kan ook soos ’n mes sny; dus moet jy sake mooi deurdink voor jy iets sê wat jou later kan berou.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Dis ’n goeie dag om op die hoogte te kom van oorsese vriende of buitelandse kontakte, persoonlik of aanlyn. Groepsaktiwiteite en spansport word ook bevoordeel; dus moet jy opspring van die gerieflike rusbank af en jou begin roer!

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Verwag vandag onderbrekings en hindernisse, Tweeling, aangesien ’n vriendskap, gesamentlike poging of groepsaktiwiteit ’n verrassende wending neem. Uranus klits dinge deurmekaar; dus gaan die lewe beslis nie vervelig wees nie!

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Daar kan vandag ’n onverwagte probleem opduik wat ’n geliefde of ’n kollega by die werk betref. Verwag die onverwagte! Jy dink jy weet hoe ’n geliefde voel, maar jy slaan moontlik die bal heeltemal mis!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Onvoorspelbare weer – of ander stoornisse – kan vandag jul versigtige dagbeplanning omverwerp, Katte. En onthou, ’n kind of tiener verwag dat jy ’n volwasse en verantwoordelike voorbeeld sal stel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie jou aandag laat aflei deur buitensporige beloftes van mooiweersvriende nie! Die Son en Pluto storm deur jou vriendsdkapsone; dus is dit tyd om uit te pluis wie jou ware, lewenslange maats is.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy gaan dalk vandag ongewoon ondiplomaties wees, Weegskaal, want Uranus vuur jou prikkelbare sy – wat daar iewers wegkruip – aan! Poog dus om ferm en selfversekerd te wees, pleks van passief-aggressief.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy moet uiters versigtig wees ten opsigte van wat jy vandag in die sosiale media plaas, Skerpioen. Deurdink dinge eers deeglik, anders maak jy moontlik ’n impulsiewe opmerking of stuur ’n sarkastiese boodskap wat jy later kan berou.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jy is in ’n uitbundig luim terwyl jy familie en vriende vermaak en onthaal. Jy wil ook graag iemand in die nood help. Onthou net: Woorde wek, maar dade trek.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Gesinsverhoudings lyk vandag onvoorspelbaar aangesien kwaai woorde of impulsiewe optrede die huislike vrede en harmonie aan huis van die Steenbok deurmekaarkrap. ’n Tikkie geduld sal gemoedere help bedaar.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vul jy jou dae met te veel aktiwiteite? Jy gaan vandag rusteloos voel en geneig wees om dinge uit te blaker wat liewer ongesê moes bly. Raak dus kalm en gaan stadig oor die klippe . . . voor jy kop verloor!

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Venus, Mars en Neptunus verskerp jou geestelike sy en jou meelewende geaardheid. Groepsaktiwiteite word bevoordeel terwyl jy jou geliefdes met jou kenmerkende, veelsydige kreatiwiteit inspireer.

© Joanne Madeline Moore