Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Streef daarna om op kreatiewe en simpatieke maniere te kommunikeer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Is jy vol selfvertroue? 2017 is die jaar om met volop passie en doelgerigtheid op jou verkose pad te bly.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Maak in jou besige program tyd vir rus. Die sterre begunstig om stil en na binne gefokus te wees. Dit is dus die ideale dag vir joga, meditasie, of stille nabetragting.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Kreatiwiteit en deernis vier vandag hoogty terwyl jy ’n groot droom droom of ’n ambisieuse nuwe doelwit begin najaag. Bring ook gehaltetyd deur saam met ’n geliefde of ’n viervoetige vriend.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Met die son en Mercurius wat jou gesondheid- en fiksheidsone besoek, moet jy daai drafskoene uithaal en by die gimnasium of in die buitelug aan die gang kom. Pas ook jou dieet aan om meer voedsame maaltye in te sluit.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Wat ’n probleem met ’n ouer, kind of intieme vriend betref, probeer vandag om nie bevooroordeeld te wees nie. Hoe meer deernis jy het, hoe beter gaan die eindresultaat wees.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Met die komplimente van Jupiter word opvoeding, reis, die sosiale media en gemeenskapskontakte tans bevoordeel. Streef egter daarna om ekstra liefdevol en simpatiek te wees teenoor ’n gespanne gesinslid.

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Weerstaan die versoeking om kritiek te lewer – dit maak nie saak hoe “opbouend” dit is nie. Dit sal vandag vrugte afwerp as jy op ’n liefdevolle en simpatieke manier met jou gesin, vriende en kollegas kommunikeer.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Bekommer jy jou oor geld? Vandag se sterre gaan sommige Weegskale help om kreatiewe nuwe maniere uit te dink om kontantvloei te verbeter. As jy vasdraai met idees, soek by ’n kollega inspirasie.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Skakel in by jou kreatiwiteit as jy iets doen wat jy geniet. Jou motto vir die dag kom van die sangeres en liedjieskrywer Joni Mitchell, ook ’n Skerpioen: “I want to have fun; I want to shine like the sun.”

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Alle soorte stokperdjies en kreatiewe projekte word bevoordeel terwyl jy bande smee met die hardekwaskind in jou binneste. Vind dus tyd om te speel en pret te hê terwyl jy dit geniet om iets te doen wat jou hart laat sing.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Alle vorme van groepskommunikasie word bevoordeel – of dit nou in jou onmiddellike buurt is of in ’n aanlyn gemeenskap. Hoe meer deernis jy het, hoe beter gaan die dag raak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Jy is in die kollig terwyl jy jou boodskap hard en duidelik oordra. Studie en opvoeding word ook beklemtoon. Maak seker jy gee jou breinselle oefening en leer iets nuuts.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

Vandag se super-son/Neptunus-drietal is volmaak vir kreatiewe projekte, welwillendheidspogings en geestelike soeke. Moet dus nie die geleentheid laat verbygaan om jouself uit te druk nie, luister na jou intuïsie en help iemand in nood.

© Joanne Madeline Moore