Hier is wat jou sterre vandag voorspel, met Joanne Moore.

JOU DAG

Baie mense sal emosioneel teruggetrokke voel, aangesien Venus hom by die ernstige Saturnus aansluit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Weerstaan die drang om na ? permanente fantasiewêreld te ontsnap. Saturnus moedig jou aan om met passie en doelgerigtheid op professionele projekte te fokus.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

As jy sonder bietjie beplanning vooraf in ? situasie instorm, kan jy dalk met ? groot gemors sit. Dis tyd vir Ramme om spoed te verminder en eers die nodige huiswerk te doen.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Baie Bulle streef na ? luukse-leefwyse. Maar, met die suinige Saturnus wat nog steeds jou inkomstesone omkrap, moet jy seker maak jy het genoeg koue, harde kontant om jou supergroot drome te finansier.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Venus en Saturnus aktiveer jou romantiese sone, dus is dit tyd om iets spesiaals saam met jou maat te beplan. Enkellopende Tweelinge – liefde is baie waarskynlik met iemand ouer en wyser as jy.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Moenie vandag oordramaties of emosioneel afhanklik wees nie, Krewe. As julle verstandig en matig is, sal verhoudings met geliefdes en werkskollegas verbasend bevredigend wees.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Hoe geduldiger jy met ? kind, tiener of intieme vriend is, hoe beter sal jou dag wees. Verbonde Katte – doen iets prakties vir jul maats wat sal help om hul werklading ligter te maak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Moenie tyd mors met kwellings oor dinge wat jy nie kan verander nie. Saturnus vra jou om metodies en berekend te wees. As jy geestelik gedissiplineerd is, sal jy dinge in die helfte van die tyd wat dit gewoonlik neem, gedoen kry.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jy is op jou presiese, perfeksionistiese beste – en slegste – vandag. Mik om positief en aanmoedigend , eerder as negatief en krities te, wees. Dis ook tyd om jou doelwitte vir die toekoms te herevalueer.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag se sterre laat jou stres oor dinge wat nie volmaak is nie. Onthou dat volmaaktheid ? doel is – nie ? eindbestemming nie. Doen gerus alles goed, maar moenie vergeet om die reis ook te geniet nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Wat ? persoonlike projek of jou profiel op sosiale media betref, sal jy vandag ekstra lank moet werk. Jy kan sukses behaal, maar dit gaan nie gebeur sonder harde werk van jou kant af nie.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Wanneer Venus met die sombere Saturnus saamspan, kan jy bietjie uit verband voel teenoor andere. Dit kan iets positiefs wees! Afsondering is tans sielskos vir jou, benut dit dus ten volle.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Verbonde Waterdraers – geniet deelname aan ? sosiale geleentheid of groepsaktiwiteit saam met jou maat. Enkellopendes – ware liefde wag vir jou aanlyn, maar wees ? paar vals wegspringslae te wagte voor jy die ware Jakob vind.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Werk bly steeds ? uitdaging. Energie en entoesiasme opsigself gaan nie ander se guns wen nie ... harde werk is die ding wat mense die meeste sal beïndruk. So, laat sak jou kop en spring aan die werk!