JOU DAG

Jy breinkrag is vandag sterk. Gebruik dit gepas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met Saturnus nou in die Boogskutterteken sal jy in 2016 meer verantwoordelik moet wees. Jy verouder soos goeie rooiwyn. Volgende April en Julie is ’n wonderlike tyd vir romanse.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Maak seker jy is deeglik as jy probeer om ’n projek aan die gang te kry. Skenk aandag aan almal se rol in die projek – familie en vriende, professionele kontakte, die buurtnetwerk en sosiale media.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Venus, jou heersende planeet, en Mars sorg vir kreatiwiteit en dinamiesheid in jou beroepsone. Dis die ideale dag om proaktief by die werk te wees en probleme met kliënte of kollegas uit te sorteer.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie is die gonswoord en jy soek kollegas, vriende en kennisse op. Dis nie wat jy weet wat tel nie – dis wie jy ken. Trek soveel moontlik voordeel uit jou netwerkvaardighede.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Met Venus en Mars in jou sone vir huishoudelike sake is dit tyd vir skoonmaak, versier of selfdoenprojekte. Gesinslede sal ook van ’n bietjie ekstra aandag hou!

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Raak ontslae van dit wat jou gedagtes belemmer. Gebruik jou breinkrag om op ’n groot avontuur te gaan of passievol oor ’n nuwe projek te word. Dra jou idees so kreatief moontlik oor.

MAAGD 24 Aug.-23 Sep.

Let op na wat jy snags droom. Jy kan kreatiewe idees daaruit kry wat jou sal help om ’n verhouding te herstel of ’n ingewikkelde probleem op te los. Die fokus is ook op studie en navorsing.

WEEGSKAAL 24 Sep.-23 Okt.

Jy praat met jou naastes en geliefdes en dink baie oor kameraderie en mededeelsaamheid. Weegskale in ’n verhouding kan naby tyd saam met hul maat bestee. Dis die regte tyd vir enkellopendes om liefde te soek.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Die maan beweeg deur jou sone vir beroep en reputasie. Skerpioene sal nou uitblink in hul professionele hoedanigheid en in die openbare kollig skitter. Moenie geliefdes in die proses afskeep nie.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Rustelose Boogskutter, jy is ongelooflik besig, maar bereik jy regtig iets? As jy te veel rondhardloop, sal jy foute begaan en sake later moet regstel. Probeer kalmer wees.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Die omstandighede is goed vir kreatiwiteit. Jou intuïsie is skerp en jou verbeelding werk goed. Moenie die kans om na jou innerlike muse te luister en jouself uit te druk verspeel nie.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

’n Groepprojek neem baie van jou tyd in beslag, maar dis die moeite werd en sal op die lange duur vrugte afwerp. Hoe meer jy aktiwiteite saam met ander aanpak hoe lekkerder sal die dag wees.

VIS 20 Feb.-20 Mrt.

Jy is lus vir dagroom, maar moet dit nie oordoen nie. Hou vas aan die werklikheid anders sal jy jouself oor ’n mens of situasie mislei. Die omstandighede is goed vir kreatiewe projekte.