JOU DAG

Geniet dit om vandag met gesinslede te verbinding te tree.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n oorspronklike en dromerige siel, maar jy moet die drang weerstaan om jou af te sonder. Vanjaar is ook die jaar waarin jy twee keer moet kyk voor jy ’n sprong maak na nuwe avonture!

RAM, 21 Mrt. – 20 Apr.

Rustelose Ramme is nie besonder gesteld op hul huis nie. Maar, aangesien Venus jou tuistesone besoek, is dit ’n uitstekende tyd om jou tuiste op te kikker vir ’n stylvolle onthaal. Vars blomme en musiek is van die uiterste belang!

BUL, 21 Apr. – 21 Mei

Gedra jy jou soos ’n Bul op steroïede? Poog om slim en sexy te wees, eerder as gemaksugtig en verkwistend. Venus gee aan die sosiale media ’n welkome hupstootjie terwyl jy uitreik na familie en vriende.

TWEELING, 22 Mei – 21 Jun.

Venus skuif jou geldsone binne en bring ongewone geluk wat jou geldsake betref. Moet nou net nie spandabel wees nie! Jy sal uitvind hoe meer jy geld respekteer en bewaar, hoe meer kontant sal na jou kant toe vloei.

KREEF, 22 Jun. – 23 Jul.

Jou Krap-magnetisme en oorredingsvermoë is aan die brand. Venus help jou om intuïtief te weet om die regte ding aan die regte persoon te sê, dus is dit ’n wonderlike tyd om met ’n idee vorendag te kom of ’n guns te vra.

LEEU, 24 Jul. – 23 Aug.

Die son en Mars beweeg tans albei deur jou teken. Jy is dus op hierdie oomblik die volkome Leeu, aangesien jou kreatiwiteit en dinamiese aard ten toon gestel word sodat die hele wêreld dit kan sien.

MAAGD, 24 Aug. – 23 Sep.

Netwerkvorming – persoonlik en in die sosiale media – is ’n wonderlike manier om jou boodskap oor te dra. Maar moenie haastig wees met geldsake nie. Maak seker jy lees die fyndruk deeglik.

WEEGSKAAL, 24 Sep. – 23 Okt.

Venus, jou heerserplaneet, skuif tot binne-in die Kreef, waar sy tot 26 Augustus sal wees. Dit sal jou help om professionele take meer kreatief te benader terwyl dit beter verhoudings met kollegas bevorder.

SKERPIOEN, 24 Okt. – 22 Nov.

Slim Skerpioen – fantastiese professionele geleenthede doen die ronde, maar jy sal die perfekte tyd moet uitwerk om toe te slaan. Soek ook ’n bietjie slim sake-advies by ’n vriend in die buiteland.

BOOGSKUTTER, 23 Nov. – 21 Des.

Venus is in een van jou geldsones, dus moet jy oppas vir die neiging om te veel geld uit te gee. ’n Lekker inkopietog nou kan lateraan tot ’n ernstige probleem lei.

STEENBOK, 22 Des. – 20 Jan

Het jy met ’n geliefde of ’n sakevennoot gestry? Venus moedig jou aan om meer diplomaties en adviserend te wees. Jy moet soms ’n kleiner veldslag verloor ten einde die oorlog te wen.

WATERDRAER, 21 Jan. – 19 Feb.

Venus, die plesierplaneet, seën van nou af tot 26 Augustus jou gesondheid, jou daaglikse roetine, betrekkinge met kollegas en jou verhouding met jou geliefkoosde wollerige vierpootvriend. Geniet dit!

VISSE, 20 Feb. – 20 Mrt.

Venus, die plesierplaneet, skuif in jou vermaaksone in. Dit is dus tyd om die goeie dinge in die lewe te geniet, soos goeie kos, wyn, rondkuier, inkopies, asook hare- en skoonheidsbehandelings.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.